AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Die droogte is nog nie gebreek nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met meer opvolgre?n sal grassade weer ontkiem, maar boere vrees dat die meeste van die bossieveld te lank droog was om te herleef. Foto ter illustrasie: Amelia Genis
Met meer opvolgre?n sal grassade weer ontkiem, maar boere vrees dat die meeste van die bossieveld te lank droog was om te herleef. Foto ter illustrasie: Amelia Genis
Hoewel goeie reën die afgelope paar weke uitgesak het oor dele van Suid-Afrika wat onder erge droogtetoestande gebuk gaan, is die droogte nog nie gebreek nie.

Die vreugde oor die goeie reën oor groot dele van die ekstensiewe weistreke van Suid-Afrika word getemper deur berigte van gebiede wat nog nie noemenswaardige reën gekry het nie.

Eweneens kan ’n mens nog nie sê die droogte is gebreek nie, meen mnr. Dirkie Kotze van die plaas Driehoek in die westelike deel van Boesmanland.

“Die droogte is nog ver van gebreek af. Daar waar dit 50 mm tot 60 mm gereën het, sal dit nog moet reën en weer moet reën. Die probleem is al ons bedekking, alle gras is vrek. Alles moet van nuuts af begin groei.

“Ons hoop daar is nog grassade in die grond oor. Die afgelope ses maande het hier mos woestynwinde by ons gewaai. Dit was die ergste wat ek nog gesien het. Dit het windpompe omgeruk en breekgegooi asook huise en skure se dakke afgeruk.”

Kotze is een van die boere wat al amper tien jaar in droogte boer. Sy vrou, Toekie, sê Januarie is dit tien jaar van voer gee en hoop op reën. “Dit was net ná die reën van Januarie 2016 dat ons vir 10 maande nié voer gegee het nie.”

Kotze het met ’n lamhokkiestelsel begin om seker te maak elke ooi kry ’n lam wat oorleef, en dat hy elke maand lammers het om te verkoop. “Ons kan nie nou ’n ooi wat oorslaan, bekostig nie.”

Hy onthou die laaste goeie reën in Januarie 2016. “Dit het 130 mm in twee uur gereën. En toe’s dit klaar. Daarna het nooit weer iets gebeur nie. In 2017 het ons nie ’n druppel reën gehad nie, in 2018 9 mm en 2019 ook niks.”

Ná die 14 mm tot 16 mm wat van sy kampe in Oktober gekry het, wil die skape net veld toe hardloop. “Hulle hol hulle maer agter niks aan.”

Boesmanland het baie (en gereeld) opvolgreën nodig

Vir ’n boer wat einde 2014 laas genoeg weiveld gehad het om lammers van die veld af te bemark, is die 47 mm tot 57 mm reën wat hy einde Oktober gekry het, ’n groot verligting.

Tog besef mnr. Stan Miller van die plaas Millerton, 60 km suid van Pofadder, dat die grasveld op die reën gaan reageer, maar dat dit nie ver sal kom sonder opvolgreën nie. “Dit het redelik wyd gereën, maar opvolg sal bepaal of ons deurtrek of nie.”

Hy het ook 25 mm tot 35 mm op sy huurgrond gekry, maar sy skoonpa wat nie ver van hom boer nie, het heelwat minder gekry.

“Die reën gaan nie kos gee nie. Dis te min en die veld is te dood. Ons kort baie opvolgreën. As die opvolg net kan kom, sal dit beter gaan.”

Die redelike koel dae wat hulle sedert die reën het, help ook dat die grond nie so vinnig uitdroog nie.

“Ek hoop net ons kry weer opvolgreën voor dit erg warm raak in Desember, Januarie en Februarie. As ons dit nie kry nie, het die jong grassies teen daardie tyd al verskroei.”

Die grasveld sal herstel met genoeg reën op die regte tyd, maar Miller het nie veel hoop vir sy bossieveld nie. “Ek het onlangs gaan kyk. Meer as die helfte van die bossieveld het nie op die reën gereageer nie. Dis net dood, al was daar vir drie jaar nie diere nie.”

Hy meen as dit weer kom reën, sal die grootste probleem vir hom en sy medeboere wees om weer genoeg produksie-ooie te kry. “Met genoeg reën sal dit so twee, drie, vier jaar kos om te herstel en weer te kom waar ons tien jaar terug was.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
20.01
+0.7%
Rand - Euro
17.69
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,663.99
+0.2%
Silwer
19.21
+0.9%
Palladium
2,164.75
-0.1%
Platinum
866.26
+0.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot