Hoewel die La Niña-stelsel wat die weerpatrone sedert verlede jaar oorheers, in die komende maande effens gaan verswak, is daar tans ’n 60%-kans dat dié stelsel tot ten minste Desember 2022 of Januarie 2023 teenwoordig gaan wees. “Dit kan verswak gedurende Julie en Augustus, maar weer versterk vanaf September tot Desember,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Die langertermynneiging (volgens weermodelle) is egter dat dit verswak. Die stelsel kan meer neutraal neig vanaf ongeveer Februarie 2023.
Die verwagte redelik matige tot sterk La Niña-verskynsel kan gunstig wees vir somerreënval vanaf ongeveer November tot Januarie, maar as die La Niña-stelsel in die tweede deel van die somer verswak, kan dit reënvaltoestande vanaf ongeveer Februarie nadelig beïnvloed.