Die Rossouws het van 23 Maart tot 17 April vanjaar 300 mm gehad, buiten die 500 mm tot 600 mm wat reeds dié somer geval het. “Daar is skade aan die paaie en die krale is nat, dus kan ’n mens nie daar werk nie.
Die goeie nuus is dat dié reën ons winter met minstens ’n maand verkort. Die gras en bome sal langer groen bly en die reën voed ons ondergrondse water,” sê Ampie.
Die hele omgewing, ook die Nylsvlei-natuurreservaat, het baie reën gekry. Ampie is voorsitter van die Bosveld-Brahmanklub en Riki die sekretaresse.