Die La Niña-stelsel wat tot die goeie neerslae die afgelope somer gelei het, het begin verwak, maar die Suidelike Ossilasie-indeks (SOI) is steeds sterk La Niña-neigend. “Die SOI verteenwoordig die wisselwerking tussen die atmosfeer en die oppervlaktemperature onderliggende oseaan se interaksie het,” verduidelik mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Die La Niña-stelsel gaan na verwagting rondom Julie en Augustus verswak, maar ’n versterking van die stelsel word weer van September tot Desember voorspel. Daar is sterk aanduidings dat dit op lang termyn gaan verswak vanaf Januarie 2023 om vanaf ongeveer Februarie oor te gaan na ’n meer neutrale staat.
Somerreën in Suid-Afrika word ook deur die Indiese Oseaan-dipool (IOD) beïnvloed. Die Indiese Oseaan se see-oppervlaktemperatuur-opstelling en verwagte verandering toon dat die westelike Indiese Oseaan (nader aan Afrika) koeler as normaal gaan wees en die oostelike Indiese Oseaan (nader aan Australië) warmer as normaal gaan wees tot ongeveer die einde van 2022.