Weersomstandige van 2012 was soortgelyk soos vanjaar s’n. Teen die tweede week van April 2012 het Bethlehem in die Oos-Vrystaat reeds strawwe ryp gehad.
“As daar na die vooruitsigte vir ryp en rypskade gekyk word, is die huidige projeksie dat ligte ryp reeds van middel April af oor die suidelike en sentrale dele kan begin voorkom. Matige ryp is in die eerste deel van Mei oor dié dele moontlik, met ligte ryp oor die meer noordelike dele van die land,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Nog reën en bewolkte toestande kan tydens April en die eerste deel van Mei oor die somerreënstreek voorkom aangesien die La Niña-verskynsel, wat aanvanklik vinnig verswak het, in Desember, Januarie en Februarie stadiger verswak het. Dié toestande kan die groei van somergewasse vertraag.