AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Eerste sterk koue front van 2023 kan SA Saterdag bereik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Foto ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Die eerste sterk koue front van die jaar, wat temperature van die naweek af skerp kan laat daal, sal Saterdag oor die Wes-Kaap begin inbeweeg.

Voorspellings toon dat die koue front Saterdagaand en vroeg Sondag vanuit die suidweste oor die land gaan inbeweeg.

“Redelik goeie neerslae van 20 mm of meer is moontlik van 18 tot 21 Maart af oor veral die Swartland, die aangrensende Wynland-distrik en die Kaapse metropool,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Ligter neerslae van tot 10 mm is moontlik aan die Weskus en oor die aangrensende binneland tot so ver as Springbok. Neerslae van 10 mm tot 15 mm kan oor die Overberg en Suid-Kaapse kus voorkom.”

Ligte neerslae van sowat 5 mm kan op Sutherland, Williston, Calvinia en Beaufort-Wes voorkom.

Indien hierdie reën oor veral die Swartland gaan val, kan dit baie beteken vir wintergraanprodusente om grondvoorbereidings te kan doen vir aanplantings in Mei, sê Van den Berg.

“Die afgelope paar seisoene het die eerste reën eers teen einde Mei voorgekom. Boere moes dikwels met min ondergrondse vog plant om betyds geplant te kon kry. In ’n soortgelyke jaar, in 2012, met die oorgang van La Niña na neutrale toestande, het dit ook redelik goed gereën in Maart, maar veral in April en Mei, terwyl Junie en Julie se reën ondergemiddeld was. In Augustus 2012 en die eerste deel van September is bogemiddelde reën weer aangeteken.”

In 2012 het die Overberg, en spesifiek Bredasdorp, bogemiddelde reënval gemeet van Maart tot Augustus, maar September was droër.

Lae temperature

Temperature oor die sentrale, westelike en suidelike binneland kan weens die koue front skerp daal van 17 Maart af, maar veral vanaf 18 Maart. “Maksimum temperature kan tot tussen 10 °C en 15 °C daal. Op Malmesbury in die Swartland kan die maksimum temperatuur daal vanaf 37 °C op 16 Maart tot 23 °C op 18 Maart en verder tot 21 °C op 20 Maart.”

Lae minimum temperature is egter ’n bron van kommer, sê Van den Berg. “Op plekke soos Ceres en De Doorns kan dit tot so laag as 7 °C daal en in die sentrale tot westelike binneland van die somerreëngebied tot onder 10 °C by Prieska, Bothaville, Bethlehem en Bloemfontein.

“Hoewel die kans op ryp skraal is vir die tydperk van 18 tot 21 Maart, is dit nie uitgesluit nie. Temperature onder 10 °C kan egter die groei en ontwikkeling van somergraangewasse soos sojabone en mielies benadeel,” sê Van den Berg.

Weermodelle dui tans aan dat frontale stelsels die volgende twee weke verdere reën en koue toestande kan veroorsaak. Van 24 tot 27 Maart kan ’n volgende frontale stelsel verdere reën na die Wes-Kaap bring, terwyl temperature weer skerp kan daal oor die suidelike en sentrale binneland.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot