AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6900
-20,00
CORN
19 Okt
-
3070
-15,00
SOYA
19 Okt
-
7156
-49,00
SUNS
19 Okt
-
10600
-3,00
WEAT
19 Okt
-
5721
-21,00
WMAZ
19 Okt
-
3185
-15,00
YMAZ
19 Okt
-
3341
-15,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Frontale stelsels en koue vir nog ses weke voorspel

akkreditasie
In die distrik Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat het die kwik op 14 Julie na -15°C gedaal. Me Malinda Rautenbach het hierdie foto op die plaas Skuinspaadjies in die distrik geneem
In die distrik Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat het die kwik op 14 Julie na -15°C gedaal. Me Malinda Rautenbach het hierdie foto op die plaas Skuinspaadjies in die distrik geneem
Die koue fronte wat Suid-Afrika sedert die week van 12 Julie in hul greep het, het die kwik oor dele van die land baie laag laat daal, op sommige plekke byna tot rekordlaevlakke, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Hoewel die gemiddelde minimum temperatuur in 2020 dalk laer was as tot dusver vanjaar, is die uiterste temperature wat die afgelope week in sekere gebiede gemeet is, laer as in 2020 en naby aan rekordlaagtepunte.” 

Me. Malinda Rautenbach van die plaas Skuinspaadjies by Petrus Steyn, sê -15 °C is op 14 Julie by hulle gemeet, terwyl mnr. BP Greyling van die Langfontein-boerdery by Wakkerstroom in Mpumalanga -16 °C gemeet het. Volgens plasings op die Facebook-groep Reënval in SA is minimum temperature van -10°C op 19 Julie in die distrik Standerton in Mpumalana gemeet. Van den Berg sê Standerton en Devon het op 14 Julie -10,3°C gemeet, terwyl -10,9°C by Koppies in die Vrystaat gemeet is. 

Nog reën, koue, sneeu en ryp

Die koue weer is nog nie verby nie, sê hy.

“ ’n Reeks koue fronte wat reën en koue gaan veroorsaak, is op pad na die Suidwes-Kaap.” Volgens Van den Berg is tot 20 mm reën vandeesweek oor die grootste deel van die Wes-Kaap, selfs tot langs die Weskus tot by Springbok in die Noord-Kaap, moontlik. Die reënweer sal van Woensdag af oor die suidwestelike dele van die Wes-Kaap begin opklaar.

Sneeuneerslae word van Dinsdagmiddag af oor groot dele van die Wes-Kaapse berge asook die aangrensende bergreekse in die Noord-Kaap voorspel. Die sneeuneerslae kan ook noordooswaarts uitbrei na die Oos-Kaapse berge en die suidelike dele van die Drakensberg.

“Daar is selfs ’n moontlikheid van sneeu oor die suidelike dele van die Vrystaat, maar veral oor die binneland van die Oos-Kaap teen Woensdag.”

Minimum temperature van onder -10 °C is weer moontlik oor die noordelike en sentrale dele van die Oos-Kaap, asook in die sentrale dele van die binneland en op die oostelike Hoëveld. Die verwagte sneeuval kan in die begin van die week dagtemperature in die omgewing van Ceres tot slegs 5 °C laat styg.

“Die gevaar vir rypskade is die grootste in die meer noordelike provinsies, waar lae minimum temperature en taamlik swaar ryp oor die grootste deel van Limpopo, met die uitsondering van die verre noordelike dele, soos Musina en Phalaborwa, van Dinsdag 20 Julie tot Sondag 25 Julie kan voorkom,” sê Van den Berg.

By Groblersdal kan minimum temperature tot so laag as -3°C daal en by Lephalale tot of onder vriespunt. 

Kruin van koue toestande

Van den Berg sê wat die res van die winter betref, dui voorspelling daarop dat die kruin van die koue toestande in die laaste week van Julie bereik gaan word, waarna dit geleidelik warmer kan word.

“As dit warmer word, is dit egter die gevaarlikste tydperk vir rypskade, aangesien plante begin ontwaak en bot, en skielike koue tydperk van ’n dag of twee kan ernstige skade veroorsaak.”

Frontale stelsels gaan oor die volgende ses weke steeds die land beïnvloed en reën oor die winterreënstreek veroorsaak.

“Die volgende tydperk – ná vandeesweek – waartydens rypskade kan voorkom, is teen die laaste paar dae van Julie en veral in die eerste helfte van Augustus.”

Van den Berg sê temperature kan van die tweede deel van Augustus af begin styg, maar skielike dalings in temperature sal tot ten minste die eerste week van September moontlik wees. 

Internasionale toestande

Wat internasionale weerstoestande betref, is produksietoestande vir wintergrane baie gunstig in die suidoostelike dele van Australië, met goeie reën wat sedert die laaste deel van Junie daar voorgekom het.

“Goeie vooruitsigte bestaan ook vir die volgende twee weke. Dit is goeie nuus vir reënvalverwagtings in Suider-Afrika later in die seisoen gegewe die groot ooreenkomste met reënval in die oostelike en suidoostelike dele van Australië.” 

In Amerika het daar in die eerste deel van Julie beter reënvaltoestande voorgekom, buiten oor die westelike dele.

“Met siklone wat die suidoostelike dele teister, het daar ernstige vloedskade in Florida en aangrensende dele voorgekom.”

Wat die somergraangebiede betref, is dit steeds baie droog in die noordelike gedeeltes (teen die groot mere) van Minnesota en Noord- en Suid-Dakota, wat baie swaar kry met min reën. “Vooruitsigte vir reën daar in die volgende twee weke is taamlik gunstig, veral teen die laaste paar dae van Julie en die eerste week van Augustus. Dit sal baie help om produksietoestande te verbeter, hoewel daar al permanente skade aan gewasse voorgekom het,” volgens Van den Berg.

Wat die vloede in dele van Europa, veral in dele van Duitsland en Nederland, betref, dui voorspellings aan dat swaar reën steeds daar gaan voorkom, maar meer suid gaan beweeg. Die noordelike dele van Italië en die aangrensende dele van Frankryk, Switserland, Duitsland en Oostenryk gaan in die komende weke deur swaar reën geraak word, sê hy.

“Daar moet kennis geneem word van internasionale neigings, want dit kan voorlopers wees vir wêreldwye patrone.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.68
+0.9%
Rand - Pond
20.18
+0.5%
Rand - Euro
17.06
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,779.86
+0.9%
Silwer
23.67
+2.1%
Palladium
2,072.12
+2.8%
Platinum
1,058.07
+1.8%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,221
+0.2%
Alle aandele
66,792
+0.2%
Hulpbronne 10
63,626
+0.3%
Industriële 25
84,496
+0.3%
Finansiële 15
14,073
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Capricorn soek n bokkie wie naby my wil wei.
My soort is skaars. Baie reguit eerlik soms vol dark humor, netjies , leier, sterk persoon en selfvertroue. Inteligent en ervare in die lewe. Enkel ouer, braai kamp kamp en...
Mens is nie gemaak om alleen oud te word nie.
'n Baie oop en eerlike, spontane mens niks fout met my humorsin . Liewe Jesus is beslis n groot deel van my lewe. My eie Kinders is groot en op hul eie. Ek het wel twee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot