AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Frontale stelsels gaan nog koue, reën en sneeu bring

akkreditasie
Sneeu by Laastedrif-boerdery by Ceres in 2020. Foto: Rossouw Cillie
Sneeu by Laastedrif-boerdery by Ceres in 2020. Foto: Rossouw Cillie
Die winter wil nie laat los nie.

Weermodelle dui tans aan dat baie koue en nat toestande later vandeesweek gaan voorkom, met sneeu wat oor die suidelike en sentrale binneland moontlik is. Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hoewel die winter later as normaal begin het, maak dit beslis op met baie koue toestande wat veral in die laaste deel van Julie en tot dusver in Augustus voorgekom het. “Die laatwinter en lente van 2021 sal onthou word as een van baie onstuimige en koue toestande.”

Hy sê veral kleinveeboere moet weerstoestande van 26 Augustus tot 3 September fyn dophou en betyds voorbereidings tref om toe te sien dat hul diere voldoende beskerm is teen nat, koue en winderige toestande. Ryp- en koueskade op bome en wingerd kan in die Wes-Kaap en veral langs die Benede-Oranjerivier voorkom.

Op kort termyn dui voorspellings aan dat intense koue en winderige toestande van Donderdag af oor veral die suidelike dele van Suid-Afrika gaan voorkom. Sneeu is rondom Donderdag moontlik oor die suidelike bergreekse van die Noord-Kaap en die aangrensende berge van die Wes-Kaap. Daarna kan dit Vrydag noord- en noordooswaarts uitbrei oor die sentrale dele van die Oos-Kaap, om Saterdag ’n hoogtepunt te bereik met redelike swaar sneeu oor die suidelike Drakensberge en aangrensende dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Ligter sneeuneerslae is ook moontlik oor die suidelike dele van die Vrystaat, die res van die Oos-Kaap met die uitsondering van die kusgebiede, die suidelike deel van KwaZulu-Natal en die Suidoos-Vrystaat, sê Van den Berg.

Swaar reën en sterk wind

Wat reën betref, kan redelike swaar neerslae van meer as 30 mm van Donderdag af oor veral die suidwestelike en suidelike dele van die Wes-Kaap voorkom. Van Vrydag af skuif die reënpatroon noordooswaarts, om redelike swaar reën oor die noordoostelike dele van die Oos-Kaap en die sentrale tot suidelike dele van KwaZulu-Natal te veroorsaak.

’n Ander element wat gevaarlike toestande vir veral die landbou inhou, is die voorkoms van baie sterk noordwestewinde wat die frontale stelsels voorafgaan. Woensdag en Donderdag word windsnelhede van tot 60 km/h of meer verwag oor veral die sentrale tot westelike binneland. Dit kan uiters gevaarlike toestande vir wegholveldbrande skep.

Van den Berg sê van Vrydag af gaan die wind meer suid waai en baie koue polêre lug oor Suid-Afrika en Namibië invoer. Dit kan uiters gevaarlike toestande vir lewende hawe – en veral kleinvee – oor die suidelike en suidoostelike dele van Suid-Afrika skep, want daar is ook ’n moontlikheid van reën saam met die sneeu. Die gebiede waar die risiko die grootste is, sluit die Oos-Kaap, die sentrale tot suidelike dele van die Vrystaat, die suidelike deel van KwaZulu-Natal, groot dele van die Wes-Kaap en die suidelike dele van die Noord-Kaap in.

Einde Augustus en September

’n Volgende frontale stelsel gaan Suid-Afrika rondom 31 Augustus vanuit die suidweste nader en nat en koue toestande oor die grootste deel van die Wes-Kaap, suidelike dele van die Noord-Kaap en die Weskus tot in die suide van Namibië veroorsaak. Daar is weer ’n kans op sneeu oor die Wes-Kaapse berge, asook die suidelike bergreekse van die Noord-Kaap, wat kan uitbrei oor die hooggeleë dele van die Oos-Kaap en suidelike Drakensberge.

Van den Berg sê baie koue toestande kan weer rondom 1 tot 3 September oor veral die sentrale binneland voorkom. Reën is ook moontlik in die eerste week van September oor die kusgebiede, die noordelike binneland van die Oos-Kaap, die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat en die aangrensende dele van die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal.

Frontale stelsels gaan na verwagting rondom 7 en 8 September en dan weer teen middel September reën na die Wes-Kaap bring. Vanaf die tweede deel van September lyk dit asof die winter gaan begin oorgaan na lentetoestande met minder reën oor die winterreëngebied en warmer temperature.

Hoewel redelik goeie neerslae van tot 40 mm in die naweek van 14 en 15 Augustus oor die sentrale dele van Suid-Afrika voorgekom het, was dit nog nie regtig die begin van die reënvalseisoen oor die somerreëngebied nie. Die verwagting is dat dit geleidelik meer gaan reën oor die Ooskus, wat noordwaarts kan skuif, met reën wat van begin tot middel Oktober oor die oostelike binneland van Mpumalanga kan begin voorkom, sê Van den Berg.

Op langer termyn lyk die kanse op gemiddelde tot bogemiddelde reënval in die mid- tot laatsomer oor die somerreënstreek goed, met die ontwikkelende La Niña-stelsel wat sterker word en die Indiese Oseaan se oppervlaktemperature wat gunstig is. Daar is aanduidings van stormagtige toestande wat kan voorkom in die komende maande met baie sterk winde en swaar reën oor veral die Suid- en Ooskus. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot