AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Gaan sikloon Batsirai Suid-Afrika beïnvloed?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Jan-Hendrik Swiegers
Ter illustrasie. Foto: Jan-Hendrik Swiegers
Die tropiese sikloon Batsirai gaan na verwagting Madagaskar môre tref en kan groot skade op die eiland veroorsaak.

Die tweede tropiese storm van die seisoen, Batsirai, kan na verwagting windsnelhede van tot 200 km/h bereik en sowat 250 mm reën suid van Madagaskar se hoofstad, Antananarivo, veroorsaak wanneer dit die naweek oor die eiland beweeg. Voorspellings dui aan dat grootskaalse skade verwag word, en daar is berigte dat dit een van die vyf duurste rampe van die eiland kan wees, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

’n Bydraende faktor tot die skade is die grootskaalse ontbossing. Ongeveer 24% van die natuurlike bedekking van bome is sedert 2000 verwyder. Vanweë die bergagtige terrein kan vloedwater nou baie groter skade veroorsaak omdat kaal oppervlakke water vinniger laat afloop.

Batsirai volg op die hakke van die tropiese storm Ana, wat in die laaste week van Januarie 2022 oor Mosambiek getrek en daarna oor die Afrika-vasteland inbeweeg het. Dit het windsnelhede van tot 80 km/h bereik.

Die storm en oorblywende laagdrukstelsels as gevolg daarvan het reën gebring oor ’n groot gedeelte van Suid-Afrika en Namibië. Die windsnelheid het wel verswak, aangesien tropiese storms se energiebronne wat gewoonlik sterk is oor oseane, verswak wanneer dit oor land begin beweeg.

Gaan Batsirai Suid-Afrika beïnvloed?

Weermodelle dui tans aan dat die kans skraal is dat Batsirai die ooskus van Mosambiek en Suid-Afrika gaan bereik, maar die situasie kan vinnig verander.

“Die nuutste voorspellings wys dat die waarskynlikste roete van Batsirai van oos na wes oor Madagaskar is en dat dit rondom 7 Februarie in die Mosambiekkanaal gaan wees, dan suidwaarts in die kanaal gaan beweeg om teen 9 Februarie suidooswaarts in die Indiese Oseaan weg te beweeg,” verduidelik Van den Berg. “Daar is steeds ’n mate van risiko dat dit die ooskus van Mosambiek en Suid-Afrika kan bereik.”

Van den Berg sê as die verwagte roete gevolg word, gaan Batsirai baie min invloed uitoefen op Suid-Afrika se weer. Dit kan baie onstuimige toestande met baie groot golwe aan die kusgebiede veroorsaak. “Die enigste indirekte impak op Suid-Afrika se weer sal dan wees dat droër toestande oor veral die sentrale tot westelike binneland kan voorkom tot ongeveer middel Februarie.”

Tropiese siklone is wel daarvoor bekend dat hulle baie onvoorspelbaar is en Van den Berg sê dis belangrik om korttermynvoorspellings dop te hou.

Die normale sikloonseisoen in die Indiese Oseaan strek vanaf Desember tot Maart en bereik ’n spits rondom Januarie en Februarie. Daar is jaarliks van tien tot twintig siklone of tropiese storms in die Indiese Oseaan, dus is die voorkoms van siklone ’n normale verskynsel. “Dit is egter net die siklone of storms wat nader aan die Afrika-kuslyn beweeg wat gewoonlik die nuus haal,” sê Van den Berg.

Siklone of tropiese storms ontstaan as gevolg van see-oppervlaktemperature wat warm genoeg is om voldoende energie te verskaf om laagdrukstelsels as gevolg van stygende lug te laat vorm. Indien see-oppervlaktemperature hoër as ongeveer 25°C tot 26°C is, kan dit tot die ontstaan van sterk tropiese laagdrukstelsels lei. Hoe warmer dit is, hoe meer intens kan die siklone wees. Die warmer temperature kan daartoe lei dat meer tropiese storms ontstaan. 

weerkaarte reën
Weerkaarte soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

*Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê luidens 'n verklaring dat weermodelle tans aandui dat Batsirai in ’n suidelike rigting gaan beweeg na dit die Mosambiekkanaal bereik het end at die storm nie oor die binneland van Afrika gaan beweeg nie.

Die weerdiens waarsku wel dat donderstorms en swaar reën die naweek oor dele van die land gaan voorkom weens tropiese lugvog wat oor Suid-Afrika beweeg. Dié tropiese lugvog kan nie met Batsirai verbind word nie. Swaar neerslae word veral môre oor die Ooskus en die aangrensende binneland verwag.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.1%
Rand - Pond
20.10
-0.0%
Rand - Euro
17.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,711.29
-0.1%
Silwer
20.73
+0.4%
Palladium
2,264.50
+0.1%
Platinum
924.50
-0.1%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot