AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Gemengde gevoelens onder Oos-Kaapse boere oor reën

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Almal is bly oor die reën! Flieka, die Weimaraner, koel bietjie af in 'n waterplas nadat groot dele in Graaff-Reinet die afgelope week reën gekry het. Foto: Ingrid van der Walt
Almal is bly oor die reën! Flieka, die Weimaraner, koel bietjie af in 'n waterplas nadat groot dele in Graaff-Reinet die afgelope week reën gekry het. Foto: Ingrid van der Walt
Jy kan die Oos-Kaap as’t ware nou in twee verdeel . . .

In die noorde en die oostelike dele van die streek vertel boere met dankbaarheid en pure verligting hoeveel reën hulle die afgelope seisoen gemeet het.

Die veld is eindelik aan die herstel ná die afgelope ses jaar wat die droogte die Oos-Kaap en dele van die Karoo in sy wurggreep gehad het. 

Mnr. David Dugmore, wat sowat 20 km suid van Graaff-Reinet met Angora-bokke, Merino-skape en Bosmara-beeste boer, sê hoewel hul damme nog redelik leeg is, het hulle al genoeg reën gekry vir die veld om te herstel.

In Junie het Dugmore 30 mm gemeet, in Julie 23 mm en in September 27 mm. Die afgelope vier maande het hy gemiddelde 27 mm reën per maand gehad.

"Daar is weer kos in die veld en ons het nie meer nodig om die diere te voer nie," sê hy met ’n hoorbare dankbaarheid in sy stem."Verlede jaar Augustus was dinge heeltemal anders. Toe was alles nog heeltemal dood.

"Daarom gaan my hart uit na boere op ander plekke in die streek wat nog nie genoeg reën gekry het nie. Ek weet hulle trek swaar; ek weet hoe dit voel om te wag op reën en dit kom net nie . . . ”

droogte, Oos-Kaap, reenval
Graaff-Reinet na 'n lekker reënbui die afgelope week. Foto: Fredalette Uys

Die suide

Mnr. Dicky Ogilvie woon sowat 180 km suidwes van Dugmore, ’n ent buite Willowmore.

Ook hy boer met Angoras en Merino’s. 

Ja, hy het gehoor van die boere in die noorde wat lekker reën gekry het, vertel hy.

"Maar hier by ons is die veld nog droog. En as ons nie binnekort reën kry nie, gaan my boerdery dieselfde terugslag as ses jaar gelede kry."

En om dan weer die boerdery op te bou sal moeilik wees. 

"Ons sukkel. Jy sien dit sommer in die veld. Ons kort reën. En ons kort dit dringend."

Sedert Maart het Ogilvie slegs 15 mm reën gehad.

"Selfs al kry ons reën, moet die veld nog daarna herstel vir die diere. Wat kan ons intussen doen? Ons kan maar net hoop."

Die Middelpunt

Sowat 120 km noordoos van Ogilvie lê Klipplaat, die "middelpunt" tussen Dugmore en Ogilvie se plase.

Daar boer mnr. Jaco Oelofse. 

In Oktober vanjaar was daar twee reënbuie in die gebied, vertel hy.

Sy buurman het 20 mm gemeet en hy wat Oelofse is, het slegs 2 mm gekry. Maar in Mei het hy 20 mm gekry en daarna nog "stukkies hier en stukkies daar." 

droogte, Oos-Kaap, reenval
Op mnr. Jaco Oelofse se plaas, Excelsior, in die Klipplaat-distrik ’n jaar gelede, toe die droogte die streek in sy wurggreep gehad het. Foto: Verskaf

"Dit gaan maar streperig," vertel hy. "Maar dit is genoeg om ons deur die droogte te kry en die veld aan die herstel te sit. Ons het goeie reën gekry om die bossies aan die groei te kry. Ons voer die diere darem nie meer nie, want daar is kos in die veld. 

"Touch wood!"

Maar die wa is nog nie heeltemal deur die drif nie. Want waarvoor hulle nou wag, is ’n goeie bui opvolgreën. 

"Ons kort wydverspreide reën om die veld woema te gee. Die veld is glad nie hoe dit voor die droogte ses jaar gelede was nie, maar dit is honderd maal beter as verlede jaar."

Hy sê die veld moet nou gemonitor word en boere wat wel reën gekry het, moet nie in die versoeking kom om hul veegetalle op te stoot nie.

droogte, oos-kaap
Dieselfde plek op mnr. Oelofse se plaas hierdie jaar nadat die streek goeie reënval gehad het. Foto: Verskaf

"Klipplaas se boere lê amper in die middel tussen die noorde wat goeie reënval gekry het, en die suide wat nog heelwat sukkel. 

"Ons probeer optimisties bly. En ons hoop – en bid – die reën gaan binnekort oor almal in die streek neersak." 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot