AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Gemengde weerstoestande tot Maart voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Somergrane, veral mielies, het die afgelope weke swaar getrek weens die droër en warm toestande wat voorgekom het, maar toestande lyk gunstig vir reënval aan en af in die komende weke.

Sedert begin Februarie 2022 het die reënvalpatroon van vroeër die somer verander en het dit baie meer kol-kol gereën, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Tot 50 mm of meer reën het kol-kol voorgekom in byna al die provinsies. In Gauteng het tot 145 mm by Irene geval; in Limpopo sowat 50 mm by Thabazimbi; in die Oos-Kaap tot 70 mm by Oos-Londen; in KwaZulu-Natal meer as 110 mm by Richardsbaai; in die Vrystaat 75 mm by Bothaville; in die Noord-Kaap 35 mm by Upington; in die Wes-Kaap 60 mm by Knysna; in Noordwes 80 mm by Hartebeespoortdam en in Mpumalanga 60 mm by Graskop.

Baie min of geen reën het oor kleiner kolle in die sentrale tot suidoostelike dele van die Oos-Kaap voorgekom en die droogte duur voort in distrikte soos Cradock en Jansenville.

Van den Berg sê die rede vir die droër toestande is die impak wat tropiese laagdrukaktiwiteite vanaf die laaste week van Januarie op weerpatrone gehad het. Dit het minder reën oor die binneland van Suid-Afrika veroorsaak. Redelik goeie reënneerslae het egter oor Namibië voorgekom, omdat tropiese vog op die kant van die hoogdrukstelsel oor Suider-Afrika suidwaarts beweeg het.

Die oorsaak van die tropiese laagdrukaktiwiteite is die verwarming van die see-oppervlak van die westelike Indiese Oseaan, noord en noordoos van Madagaskar, wat genoeg energie beskikbaar stel vir die ontstaan van laagdrukstelsels.

Droogtestremming

Die warm toestande tans oor die somerreëngebied het die toestand van somergrane plek-plek verbeter. Droogtestremming het wel op plekke begin intree, hoofsaaklik in gedeeltes met vlakker gronde. Dit is veral in die Oos-Vrystaat en dele van Mpumalanga waar reën binne die laaste twee weke van Februarie benodig word.

Die gereelde voorkoms van baie reën vroeër in die seisoen het daartoe gelei dat gewasse nie nodig gehad het om sterk wortelstelsels te ontwikkel nie. In droër toestande ervaar dié gewasse nou stremming om water aan die grond te onttrek, veral op baie warm dae.

“Dit is tans baie moeilik om ’n algemene idee van graantoestande te kry as gevolg van die wisselende toestande. Met die meeste grane wat nou in die gevoelige reproduktiewe stadiums is, is die huidige warmer toestande besonder gunstig, want daar is oor die algemeen nog voldoende grondwater,” sê Van den Berg. “Die herstel is egter baie swak waar erge versuiptoestande voorgekom het.”

Reënvaltoestande

Goeie reënneerslae kan tot 22 Februarie oor die sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika se somerreënstreek voorkom. Volgens Van den Berg kan tot 40 mm reën oor die oostelike dele van Noordwes, die Vrystaat, die suidelike dele van Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Oos-Kaap voorkom.

Vanaf 22 Februarie tot ongeveer 3 Maart lyk reënvaltoestande oor die algemeen ongunstig, behalwe oor die verre noordoostelike dele aangrensend aan Mosambiek. Die rede hiervoor is dat ’n volgende tropiese storm die noordoostelike kusgebiede van Madagaskar teen Dinsdag (15 Februarie) sal tref, wat teen Vrydag (18 Februarie) die noordelike kusgebiede van Mosambiek sal tref as die storm die voorspelde pad volg. Voorspellings dui tans aan dat die storm oor die binneland van Suider-Afrika gaan inbeweeg tot oor Malawi en die oostelike dele van Zambië voordat dit gaan verdwyn.

Tans lyk dit nie asof dit gevaar inhou vir Suid-Afrika nie, maar dit kan die oostelike dele van Limpopo en Mpumalanga in die laaste week van Februarie beïnvloed.

Die sekondêre gevolg van dié storm is dat baie min reën oor die res van Suid-Afrika kan voorkom in die laaste week van Februarie en die eerste paar dae van Maart.

Van den Berg sê weermodelle dui aan dat die kans op reën oor die sentrale en oostelike dele van die somerreënstreek weer van 3 Maart af verbeter, met neerslae wat later in Maart oor die westelike dele van die streek moontlik is. “Dit is, mits daar nie nóg ’n tropiese storm in die Indiese Oseaankom ontwikkel nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot