AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9782
68,00
CORN
29 Mrt
-
4137
-20,00
SOYA
29 Mrt
-
8240
-3,00
SUNS
29 Mrt
-
8700
-7,00
WEAT
29 Mrt
-
6690,2
0,20
WMAZ
29 Mrt
-
3843,2
-39,80
YMAZ
29 Mrt
-
4058
-26,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Goeie kans op sneeu, reën en baie lae temperature die naweek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres in 2021. Foto: Hugo Schreder
Sneeu by Laastedrif-boerdery naby Ceres in 2021. Foto: Hugo Schreder
Terwyl tot 100 mm reën die naweek oor dele van die Oos-Kaap se kus voorgekom het, is die volgende koue front op pad. Dit gaan na verwagting sneeu na verskeie dele van die land bring.

Die kusdorp Kleinemonde, naby Oos-London aan die Oos-Kaapse kus, het Sondagnag meer as 100 mm reën gemeet, met baie sterk wind wat skade aan huise veroorsaak het. “Met die begin van die oorskakeling van die winter- na somerreënpatrone kan gedeeltes van die Oos-Kaap reën en hewige storms verwag,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Die kans is goed dat verdere stormagtige toestande veral rondom September en Oktober teen die Oos-Kaapse kus kan voorkom.”

Voor dié weer die land gaan raak, gaan ’n koue front later die week oor die land beweeg met skerp dalings in minimum temperature van 11 tot 18 Augustus oor die winterreëngebied. Van Saterdag tot Maandag (13 tot 15 Augustus) word minimum temperature van -6 °C in die distrik Ceres voorspel, terwyl die kwik dan in die Hexriviervallei tot so laag as -3 °C kan daal.

Minimum temperature van onder vriespunt kan ook in die Rûensgebied en die binneland van die Suid-Kaap voorkom. Maksimum temperature kan tot onder 12 °C daal van Vrydag tot Sondag (12 tot 14 Augustus), en vir die res van Augustus kan dagtemperature vir die grootste deel van die winterreëngebied rondom 15 °C wees. “Warmer toestande word verwag vanaf die begin van September, hoewel sporadiese dalings steeds kan plaasvind.”

Van den Berg sê veral die suidelike en suidoostelike dele van die binneland gaan die komende naweek in die greep van die koue front wees. Skerp temperatuurdalings en ryp kan voorkom. “In die Benede-Oranjerivier op plekke soos Douglas, Prieska, Upington, Kakamas en tot so ver as Onseepkans kan ryp van Saterdag tot Maandag voorkom en skade veroorsaak.”

Minimum temperature onder vriespunt word ook verwag in die Oos-Vrystaat met ’n plek soos Reitz waar temperature tot -3 °C kan daal en by Ficksburg tot -5 °C. Die Hoëveld van Mpumalanga kan ook baie koue toestande verwag op plekke soos Standerton, Bethal en Ermelo. “Baie koue toestande kan oor die noordelike dele van die Oos-Kaap voorkom met die kwik wat by Cradock tot -3 °C kan daal en by Barkly-Oos tot -7 °C.”

Van den Berg sê baie min of geen ryp word vir Limpopo verwag nie, hoewel temperature tot onder 5 °C kan daal van Saterdag tot Maandag op plekke soos Thabazimbi, Roedtan en Groblersdal.

Sneeu en reën

Van Woensdag tot volgende Woensdag (10 tot 17 Augustus) lyk reënvalvooruitsigte ietwat beter vir veral die Swartland, die Kaapse Metropool en die Wynland-distrik. Rondom 20 mm is moontlik oor die Swartland en Kaapse Metropool en meer as 30 mm oor die Wynland-distrik van die Wes-Kaap.

“Heelwat minder reën word egter verder noord langs die Weskus en in die aangrensende binneland op plekke soos Clanwilliam verwag. Minder reën word ook voorspel vir die Rûens en gebiede langs die Suidkus, met minder as 15 mm wat verwag word tot 20 Augustus,” aldus Van den Berg. “Verdere winterreën is moontlik teen einde Augustus en in die eerste week van September, maar dit sal na verwagting weer meer gekonsentreer wees oor die Swartland, die Wynland-distrik en die Kaapse Metropool.”

Met die baie koue toestande en reën wat oor die suidelike dele van die land verwag word, is daar ’n redelik goeie kans vir die voorkoms van sneeu vanaf Saterdag oor die Wes-Kaapse berge. Die toestande kan uitbrei na die suidelike dele van die Noord-Kaap en dan na die Oos-Kaap en Lesotho Saterdag en Sondag. “Redelike swaar neerslae is moontlik oor die hooggeleë gedeeltes. Dit behoort redelik vinnig op te klaar vanaf Sondag, maar gaan steeds sorg vir baie koue toestande.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.1%
Rand - Pond
22.39
+0.1%
Rand - Euro
19.68
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.13
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
958.62
-0.9%
Palladium
1,412.19
-0.3%
Goud
1,962.36
-0.6%
Silwer
23.10
-1.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,576
+0.2%
Alle aandele
76,186
+0.2%
Hulpbronne 10
66,249
-0.3%
Industriële 25
103,027
+0.7%
Finansiële 15
15,561
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot