AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hael: Buitengewoon groot korrels die seisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Riaan Opperman het Dinsdag hierdie foto geneem op die plaas Friedenheim van die storm wat hael in die distrik Reitz veroorsaak het
Mnr. Riaan Opperman het Dinsdag hierdie foto geneem op die plaas Friedenheim van die storm wat hael in die distrik Reitz veroorsaak het
Haelstorms kom gereeld voor tydens die eerste deel van ’n La Niña-somerseisoen.

Die gereelde haelstorms wat die afgelope paar maande oor dele van Suid-Afrika voorgekom het, is nie abnormaal nie. Buitengewoon groot korrels het oor dele van onder meer Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Vrystaat geval.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê haelstorms kom gereeld voor tydens die eerste deel van ’n La Niña-somerseisoen, hoewel van hierdie seisoen se storms ook al gepaardgegaan het met laagdrukstelsels wat oor dele vorm en groot hoeveelhede hael en reën oor kleiner gebiede laat uitsak.

“Die gebiede waar hael gewoonlik tydens die somer voorkom, is Mpumalanga en die Oos-Vrystaat, en veral in gebiede wat naby aan die Drakensberge geleë is,” sê Van den Berg.

Groot skade

’n Haelstorm het verlede week groot verwoesting in Klerksdorp en omstreke veroorsaak. Die hael was op plekke tot 30 cm diep op die pad, het mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes, aan Landbou.com gesê. Ernstige skade op plase is nie by hom aangemeld nie.

Meer onlangs het ’n haelstorm groot skade in die distrik Reitz in die Oos-Vrystaat veroorsaak.

Mnr. Danie Slabbert, ’n gewas-en-veeboer naby Reitz in die Oos-Vrystaat, sê sowat 60% van sy sojalande en 40% van sy mielielande het skade gely nadat ’n donderbui gistermiddag opgesteek het. “Die bui het so ’n streep gemaak. Dit het van 20 mm tot 30 mm gereën, maar het met redelik erge hael gepaardgegaan. Die mielies is nog jonk en daarom is die skade daar nie groot nie, maar die sojalande het baie skade gely.”

Hy sê daar was vanjaar baie donderbuie wat in strepe opgesteek het. Ander boere wie se grond onder die streep lê, het ook skade gely. Volgens hom is vanjaar se hael erger as gewoonlik.

Koeler temperature

Mnr BP Greyling van Langfontein-boerdery in die distrik Wakkerstroom, Mpumalanga, sê hulle het onlangs sowat 140 ha sojabone verloor weens haelskade. Die optimale planttyd in dié gebied is van middel Oktober tot middel November. Die plante was in ’n gevoelige groeistadium en die skade is so erg dat hulle die landerye heel moontlik gaan moet oorplant.

Kliënte van Langfontein Seeds in Mpumalanga het ook al erge skade aangeteken. “Een kliënt in die distrik Bethal het sowat 1 200 ha sojabone verloor. Gelukkig het hy versekering uitgeneem. Hy kan nou ’n plan maak om oor te kan plant.”

haelskade Volksrust
Sojabone op 'n plaas by Volksrust voor 'n haelstorm dit verwoes het. Foto: Verskaf
haelskade Volksrust
Dieselfde sojaboonland by Volksrust na die haelstorm. Foto: Dewaldt Stander van Langfontein Seeds
haelskade Bethal
Sojabone in die distrik Bethal voor 'n haelstorm dit verwoes het. Foto: Dewaldt Stander
haelskade bethal
Dieselfde sojaboonlandery na die haelstorm. Foto: Dewaldt Stander
haelskade Standerton
Van die mielieplante op 'n plaas in die distrik Standerton wat deur hael beskadig het. Foto: Dewaldt Stander van Langfontein Seeds
haelskade Standerton
'n Mielieland staan kaal na 'n haelstorm by distrik Standerton. Foto: Dewaldt Stander van Langfontein Seeds

Greyling sê dit kom vir hulle ook voor of hael dié seisoen meer gereeld voorkom. “Ons beleef abnormale weer vir dié tyd van die jaar. Die temperature is laer en die omgewing is koeler as gewoonlik.”

Van den Berg sê die kans is goed dat nog haelstorms in die komende weke kan voorkom. Dit is baie moeilik om haelstorms lank vooruit te voorspel, omdat dit gewoonlik veroorsaak word deur ’n intense laagdrukstelsel wat vinnig vorm en plek-plek voorkom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,715.43
-0.6%
Silwer
20.60
-2.2%
Palladium
2,252.50
-3.0%
Platinum
922.50
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot