AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hael, ryp in komende weke moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Donderstorm by Vryburg in Noordwes. Foto: Alani Janeke
'n Donderstorm by Vryburg in Noordwes. Foto: Alani Janeke
Een van die risiko’s vir landbou dié tyd van die jaar wanneer die winter oorgaan in die somer, is hael, soos wat die afgelope naweek oor groot dele van die land voorgekom het.

Terwyl dele van Suid-Afrika die afgelope week temperature van 40 °C aangeteken het, het ryp en hael oor ander dele voorgekom. Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê laaggeleë dele van die Benede-Oranjerivier het Sondag en gister ryp gekry. Ligte ryp het ook gisteroggend by Bothaville voorgekom, met ’n minimum temperatuur van 1,3°C wat gemeet is.

“Dit is onbekend hoeveel skade voorgekom het, maar dit is veral koring – wat tans in ’n gevoelige stadium is – en druiwe langs die Oranjerivier wat al baie ver gebot het, wat skade kon kry.”

Van den Berg sê weermodelle dui tans nie aan dat ryp beslis in die komende weke gaan voorkom nie, maar temperatuurdalings is weer moontlik rondom 8 en 9 Oktober, asook 16 tot 20 Oktober wanneer frontale stelsels oor die suidelike dele van die land gaan beweeg. Korttermynvoorspellings moet in hierdie tydperke dopgehou word vir skerp dalings in temperatuur wat tot ryp sou kan lei. 

Terselfdertyd dui weermodelle aan dat baie warm temperature in die tydperk tussen die frontale stelsels oor dele van die land moontlik is. “Voorspellings dui aan dat daar van 9 tot 15 Oktober weer baie warm toestande met temperature bokant 35 °C oor die westelike dele van die Noord-Kaap kan voorkom. In die noordelike en noordwestelike dele van Limpopo kan die hittegolf tot ongeveer 20 Oktober voortduur.”

‘Vier seisoene in een dag’

Van den Berg sê die oorgang tussen winter en somer is dikwels baie stormagtig en dan is die spreekwoordelike “vier seisoene in een dag” moontlik. Met die koue fronte wat steeds die land beÏnvloed, is die bolug nog koud, maar terselfdertyd begin tropiese vog oor Angola en Botswana suid beweeg, wat saam met baie winderige toestande gunstige toestande skep vir die ontwikkeling van hael. Dit is die tyd van die jaar wat groot risiko’s vir die landbou inhou.

Een van dié risiko’s is hael, soos wat die afgelope naweek oor groot dele van die land voorgekom het. Van die plekke waar hael geval het, sluit in die distrikte van Bloemfontein, Dealesville, Bethlehem, Ficksburg, Burgersdorp, Johannesburg, Bethal en groot dele in die noorde van Limpopo. Erge haelstorms het ook in Lesotho voorgekom.

Volgens Van den Berg is hierdie haelstorms baie betekenisvol ten opsigte van die res van veral die eerste deel van die somer. Omdat die kans op reën goed is, kan reën gepaard met hael tot die middel van die somer of selfs later voorkom.

“Met die verwagte verdere reën oor die sentrale tot oostelike dele van die land vanaf ongeveer 6 tot 8 Oktober, asook veral in die eerste deel van November is die kanse baie goed dat hael weer gaan voorkom.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
+0.3%
Rand - Pond
19.33
-0.0%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,628.06
+0.3%
Silwer
18.38
+0.2%
Palladium
2,075.00
+1.6%
Platinum
853.00
0.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot