AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hael saai verwoesting in Klein-Karoo

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere in die Klein-Karoo kon skaars die welkome reën geniet wat sedert verlede week oor dié streek val, toe hael grootskaalse skade vir verskeie boere by onder meer Calitzdorp veroorsaak het.

Me. Margaux Nel, wynmaker by Boplaas, sê die hael het die middag van Woensdag 29 Oktober twee keer geslaan. Hulle is besig om die skade aan hul wingerde te bepaal, maar aanvanklike skattings staan op 50%.“Van die vrugteboere het tot 90% van hul oes verloor. Die vrugte is afgeslaan en lê nou onder die bome. Die bietjie wat nog aan die bome hang, het almal merke op, wat dit onbruikbaar maak.”

Sy sê skade onder die wynboere wissel. Van Boplaas se wingerde het nie meer ’n blaar nie, maar daar is ook ’n gedeelte waarvan slegs 10% beskadig is.Nog ’n probleem is dat die wingerde besproei is kort voor die reën gekom het. Nou is die wingerde so nat dat ’n mens dit nie kan bespuit nie. Gevolglik is die risiko van siektes groot.

“Ons het gisteraand weer reën gehad. Dit is baie welkom vir die damme en die veld, maar vir die vrugte en die druiwe is dit nie ideaal nie.”

Sy sê dit is gelukkig nog vroeg in die seisoen en hopelik sal daar nog lootjies in die wingerd wees wat ’n paar trosse sal gee.

Van die vrugteboere het tot 90% van hul oes verloor. Foto: Verskaf
Hael Calitzdorp
Wingerd- en appelkoosboere in Calitzdorp het van 40% tot 80% haelskade op hul blokke gekry het. Van die uiesaadboere se oeste is heeltemal verwoes. Foto: Verskaf

Mnr. Boets Nel van De Krans het aan Oudtshoorn Courant vertel hy het 80% van sy appelkoos- en perske-oes aan die hael afgestaan, asook 40% van sy druiwe. Volgens hom is dit die eerste keer sedert 1993 dat sulke haelskade voorkom.

Mnr. Willie Barry sê die hael het ’n blok van 5,6 ha basteruiesaad heeltemal verwoes. Sy wingerde is ook stukkend geslaan. “Tussen my en die dorp is vrugtebome, wingerde, alles stukkend geslaan. Ek het ook uie waarvan een blok 20% en ’n ander 40% beskadig is. Dit is ongelukkig deel van die lewe, maar dit bly sleg.”

Wisselvallige Oktober

Mnr. Lohan Fourie, voorsitter van die Calitzdorp-landbouvereniging, sê talle vrugteboere het die afgelope ses jaar bome weens die droogte verloor. Oktober vanjaar sal volgens hom onthou word as een van baie wisselvalligheid en baie verskillende emosies.

“Op 4 Oktober het ’n koue front redelik laat ingekom het en rypskade vir veral die vrugteboere en wingerde in laergeleë gebiede tot gevolg gehad het. Dit het die manne se gemoed ’n bietjie geknou.

“Op 21 Oktober het ons ons beste reën vir die jaar gekry. Die gemiddelde reënval was 40 mm en die Gamkaskloofdam, wat ’n stadium amper leeg was, was byna 30% vol, wat natuurlik almal se gemoed gelig het, want almal was bekommerd oor hul oeste.

“ ’n Week ná die reën en die blydskap het ons weer ’n donderbui gekry wat met hael gepaardgegaan het. Die wingerd- en appelkoosboere het van 40% tot 80% haelskade op hul blokke gekry het. Van die uiesaadboere se oeste is heeltemal verwoes.”

Hael Calitzdorp
Me. Margaux Nel, wynmaker by Boplaas, sê die hael het die middag van Woensdag 29 Oktober twee keer geslaan. Foto: Margaux Nel
Hael Calitzdorp
Die bietjie wat nog aan die bome hang, het almal merke op, wat dit onbruikbaar maak. Foto: Verskaf
Hael Calitzdorp
Volgens mnr. Boets Nel van De Krans is dit die eerste keer sedert 1993 dat sulke haelskade voorkom.

Hy sê van die boere het versekering, maar ander nie. “Sommige kon net versekering bekostig wat hul insetkoste sou dek. Die winste wat daardie boere sou gehad het, is nou daarmee heen, wat natuurlik gemengde emosies tot gevolg het. ’n Mens is altyd dankbaar vir enige druppel reën wat val, maar die skade wat daarmee gepaard gaan, is genoeg om enige mens te knak.”

Hy sê die Gamkarivier loop weer en dat boere danksy die vol slote vir die eerste keer in ses jaar weer servituutwater het. “Ons hoop dat dit darem ’n week sal duur.” Die Warmbad-gebied is steeds baie droog.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.06
+0.8%
Rand - Euro
17.57
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.46
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,706.45
-1.2%
Silwer
20.08
-4.7%
Palladium
2,225.00
-4.2%
Platinum
910.50
-2.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,012
-1.4%
Alle aandele
65,410
-1.4%
Hulpbronne 10
63,305
-2.0%
Industriële 25
79,059
-1.3%
Finansiële 15
13,937
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot