AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Haelstorm veroorsaak groot skade vir volstruis-, uieboer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die uieplante is stomp geslaan. Foto: Myburg Janse van Rensburg
Die uieplante is stomp geslaan. Foto: Myburg Janse van Rensburg
’n Haelstorm het Woensdagmiddag verwoesting gesaai by twee boere naby Aberdeen in die Oos-Kaap.

"Dit is ’n groot verlies. Ons beleef reeds ses jaar uiterste droogte en dit is baie moeilik om daaruit te kom,” sê mnr. Grant Krige, wat 400 tot 450 jong volstruise op sy plaas, Chelmsford, in die distrik Aberdeen in die Oos-Kaap verloor het. Sy seun, Mike, wat tans alleen op die plaas woon, maak volstruise groot vir ander boere.

“Die weer het baie lekker opgebou en toe ons weer sien, was die weer op ons,” sê Mike. Die storm het ongeveer ’n halfuur geduur.

Grant sê die hael het van die voëls se oë uitgeslaan en ander se nek gebreek.

Ongeveer 1 800 kleiner volstruisies word saans onderdak aangehou en was reeds onderdak tydens die storm. Ongeveer 450 van die groter voëls van tussen twee en drie maande het egter buite oornag. Die haelstorm het hulle getref.

“Dit is ’n groot verlies. Dit is nie net die prys van die kuikens nie, maar ook die koste wat reeds aangegaan is om hulle groot te kry,” sê Grant.

Die voëls, wat ongeveer 30 kg weeg, sou reeds elk R600 se voer gekry het. Verdere verliese word gely weens die verlies aan inkomste en dit wat reeds betaal is aan salarisse en elektrisiteit.

Baie reën in 25 minute

Volgens Grant is die reënmeter stukkend geslaan. Dit is moeilik om te sê hoeveel reën geval het, maar dit moes 50-75 mm binne 25 minute gewees het.

“Dit was ’n ongelooflike storm, ek het nog nooit so iets gesien nie. Dit is bittersoet: Ons het die reën nodig, maar die skade is nie goed nie. Ons is egter optimisties dat ons weer op dreef gaan kom."

Volgens Grant het hy sedert 2017 nog nie meer as 25 mm reën in een dag ontvang nie.

Die dooie volstruise word geskenk aan organisasies of besighede wat leeus en ander wilde diere aanhou.

Uiesaadland verwoes

Op die buurplaas Skoorsteenberg het die haelstorm verwoesting gesaai in ’n uiesaadland van 3,2 ha van mnr. Myburg Janse van Rensburg.

Hy sê die weer het opgesteek en toe het die lug groen begin raak. Dit het gelyk of die reën gaan verbytrek, maar toe het die weer gedraai en dit het begin reën uit ’n rigting waaruit dit nie normaalweg reën nie.

uie hael
Die uieplante is stomp geslaan. Foto: Myburg Janse van Rensburg
uie hael
Die uieplante is stomp geslaan. Foto: Myburg Janse van Rensburg

“Hier is dit al vir ses jaar droog. My een kind, wat sewe jaar oud is, het nog nooit reën gesien nie en was heeltemal angsbevange.”

Volgens Janse van Rensburg was die uie op ’n stadium waar hulle begin saadstele uitstoot. Dit is alles weggeslaan. Die potensiële omset van die uiesaadlande beloop bykans R1 miljoen.

“Ons reënval oor die afgelope ses jaar is ver ondergemiddeld. Ons beproef ander vertakkings soos die uiesaad omdat ons ondergrondse water het. Dit haal druk van die veld af en versprei jou risiko’s.”

Mnr. Dicky Ogelvy, wat ook in die gebied boer en in Agri Oos-Kaap se bestuursraad dien, sê die meeste reën in die distrik het geval oor ’n gebied waar daar ’n ernstige droogte heers. Omdat daar weens die droogte min veldbedekking is, het groot volumes water afgeloop.

“Daar is ’n groot strukturele skade aan paaie en drade, en weens erosie, want dit was ’n kwaai storm.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot