
Volgens die weerdiens kan die hoë temperature wat sedert verlede Sondag in gedeeltes van die Klein- en Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap voorkom, nog tot Vrydag voortduur.
Inwoners van die Khai-Ma-munisipaliteit in die Noord-Kaap sal hulle egter tot Sondag moet staal vir temperature bo 40 °C.
Die weerdiens voorspel dat ’n hittegolf oor die distriksmunisipaliteite Sarah Baartman en Amathole, en die munisipaliteite Inxuba Yethemba en King Sabata Dalindyebo in die Oos-Kaap verwag word.
Die weerdiens waarsku dat die uiters hoë temperature sonsteek en veldbrande tot gevolg kan hê. Die weerdiens het veral inwoners van die Noord-Kaap, Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit in die Oos-Kaap, asook die Sentraal- en Klein-Karoo, Kaapse Wynland en die noordelike gedeeltes van die Weskus in die Wes-Kaap gewaarsku om versigtig vir veldbrande te wees.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.