AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Hittegolf kan voortduur tot volgende week

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Maksimum temperature gaan na verwagting hoog bly oor veral die sentrale tot westelike en die noordwestelike dele van die somerreënstreek tot volgende Maandag.

Temperature van 40 °C of hoër kan tot ten minste 17 Oktober oor die sentrale tot westelike en noordwestelike dele van Suid-Afrika voorkom. Temperature kan van die tweede deel van Oktober laer word en die kans op reën in dié tydperk het volgens weermodelle verbeter. “Van 30 mm tot 50 mm reën word voorspel in die laaste 10 dae van Oktober oor die Oos-Vrystaat, dele van Mpumalanga, die grootste deel van KwaZulu-Natal en die noordelike kusgebiede van die Oos-Kaap,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Die kans is ook goed dat neerslae van 10 mm of meer van 15 Oktober af oor dele van KwaZulu-Natal kan voorkom.”

In die Swartland en die aangrensende dele in die winterreëngebied word baie min reën vir ten minste die volgende twee tot drie weke verwag. Tropiese vog wat oor Namibië begin afbeweeg, kan met die suidooswaartse beweging van dié vog ietwat meer reën veroorsaak oor die Oos- en Suid-Kaap wanneer verbeterde somerreënvaltoestande begin ontstaan. Plekke soos Caledon in die Rûens kan ligte reën tydens ’n paar geleenthede in Oktober verwag, soos op 14 Oktober en van 20 tot 27 Oktober.

La Niña

Hierdie verbetering in die reënvalverwagting is grootliks toe te skryf aan die ontwikkeling van die derde agtereenvolgende La Niña-verskynsel. Gedurende Augustus en September 2022 was die La Niña-verskynsel heelwat verder ontwikkel as in die ooreenstemmende tydperk in 2021. “Hoewel ’n swakkerige La Niña aanvanklik vir 2022-’23 voorspel is, toon die nuutste voorspellings dat dit gedurende Oktober en begin November sterker kan wees as enige tyd gedurende die 2021-’22-seisoen. Dit sal na verwagting nie so sterk wees as byvoorbeeld in 2010-’11-seisoen toe see-oppervlaktemperature ongeveer 1,6 °C koeler as normaal was teenoor die verwagte maksimum uitwyking vanjaar van ongeveer 1,1 °C koeler as normaal nie.”

Van den Berg verduidelik dat dit dikwels nie die intensiteit van die La Niña-verskynsel (of El Niño) is wat bepalend is nie, maar eerder wanneer dit versterk of verswak. “Afkoeling van see-oppervlaktemperature in die Niño-gebiede in veral die vroeg- tot midsomer (Oktober tot Desember) is dikwels ’n baie sterk sein vir reën in die midsomer, terwyl ’n verswakking of verwarming ’n sterk sein is vir swakker reënvaltoestande. Dit is dus uiters belangrik om na die neigings te kyk binne ’n betrokke seisoen en nie net alle vorige La Niña- of El Niño-verskynsels wat dieselfde voorkom nie.”

Huidige voorspellings toon ’n ietwat later as normale aanvang van die reënseisoen oor die oostelike dele van Suid-Afrika aan met die eerste reën wat vanaf die laaste deel van Oktober kan voorkom met gemiddelde tot bogemiddelde reënval vanaf einde Oktober, maar veral rondom die laaste deel van November tot middel Januarie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot