
Buiten vir die uiters hoë brandgevaar wat vandag in die munisipaliteite Dawid Kruiper, Kai !Garib and Khai-Ma in die Noord-Kaap verwag word, waarsku die weerdiens ook oor ’n uiters hoë brandgevaar in die munisipaliteit Drakenstein in die Wes-Kaap.
’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir swaar donderstorms wat tot ’n groot hoeveelheid klein haelkorrels en plek-plek vloede kan lei oor die sentrale en westelike dele van Noordwes, die noordwestelike dele van die Vrystaat en die noordoostelike dele van die Noord-Kaap.
Gedeeltelik bewolkte en koel tot warm weer met enkele buie en donderbuie word voorspel vir Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal.
Die weerdiens voorspel mooi en warm tot baie warm weer vir die Noord-Kaap. In die ooste van die provinsie sal dit gedeeltelik bewolk wees en enkele tot verspreide buie en donderbuie word vanmiddag verwag.
Mooi en warm tot baie warm weer word in die Wes-Kaap verwag. Dit sal uiters warm in die sentrale en oostelike dele van die provinsie wees.
Die weerdiens voorspel mooi en warm weer vir die Oos-Kaap. Enkele donderbuie word vanmiddag in die noordoostelike dele van die provinsie verwag.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.