Dit is raadsaam om eerder vir volhoubaarheid as rekordopbrengste te mik. Patrone, waarskynlikhede en uitsonderings tot die einde van dié dekade word hier ontleed.
Daar is al baie geskryf, navorsing gedoen of bespiegel oor natter en droër siklusse of die “vet” en die “maer” jare, soos reeds in Bybelse tye daarna verwys is. Natter en droër tydperke is inherent deel van die klimaat, maar die oorsake wat daartoe aanleiding gee, is nog grotendeels onbekend.
Die sonvleksiklus, ENSO (El Niño Suidelike Ossilasie met El Niño en La Niña), wisselende energievlakke van die son, relatiewe posisies van hoog- en laagdrukselle en die stand van planete is bydraende faktore of oorsake van die afwisselende siklusse.