
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 1-waarskuwing vir swaar donderstorms en swaar buie met moontlike vloede en sterk winde in die noordooste van KwaZulu-Natal uitgereik.
Elders in die provinsie sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met verspreide buie en donderbuie.
Die uiters hoë brandgevaar in die Noord-Kaap duur voort. Die weerdiens waarsku dat brande veral in die Kareeberg- en Ubuntu-munisipaliteite kan voorkom. Die brandgevaar is ook hoog in die Beaufort-Wes-munispaliteit in die Wes-Kaap.
In Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat sal dit vandag bewolk en koel tot warm wees met verspreide buie en donderbuie. Bewolkte en warm tot baie warm weer met los buie en donderbuie word vir Limpopo voorspel.
Die weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en baie warm tot uiters warm weer met los buie en donderbuie word vir die Noord-Kaap.
In die Wes-Kaap sal dit vandag gedeeltelik bewolk en warm wees, behalwe in die verre noordooste waar dit baie warm sal wees.
Gedeeltelik bewolkte en baie warm tot uiters warm weer met los buie en donderbuie word vir die westelike gedeelte van die Oos-Kaap voorspel. In die oostelike gedeelte van die provinsie sal dit warm tot baie warm wees met los buie en donderbuie.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.