AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Klimaatsverandering: Balans nodig tussen ekologie en welvaart

akkreditasie
Reën sak uit in die distrik Randfontein. Foto: Ziné Stanton
Reën sak uit in die distrik Randfontein. Foto: Ziné Stanton
Die mens moet besluit hoe hy die landbou-ekologiese stelsel met ekonomiese welvaart gaan balanseer, sê prof. Guy Midgley van die fakulteit plant- en dierkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Midgley, ’n invloedryke klimaatsveranderingkenner, het op 29 Julie met die opening van die US se nuwe Skool vir Klimaatstudie, die eerste in Afrika, gesê die klimaatkrisis hou risiko’s én geleenthede in.

“Die oormatige gebruik van die omgewing hou risiko’s in, soos natuurlike rampe, uiterste temperature, grootskaalse migrasie, aanvalle deur terroriste en waterskaarste.

“Die ekologiese stelsel is honderde miljoene jaar oud en is in staat om bronne, soos water, sonlig, koolstof en voedingstowwe, in komplekse biologiese stelsels te ontwikkel. Ons is hieruit gebore.

“Daarenteen het die mens duisende jare gelede die ekonomiese stelsel geskep. Hoewel die mens voorkeur gee aan die ekonomiese stelsel vir oorlewing, is hy eintlik ’n biologiese wese wat op kos en water oorleef,” het Midgley gesê.

Voordat die mens fossielbrandstof begin brand het, het die planeet sowat 300 dele koolstofdioksied per miljoen in die atmosfeer gehad. “Deesdae word meer as 400 dele per miljoen in die atmosfeer vrygelaat. Erger nog, baie meer koolstofdioksied word in die oseane en landelike ekologiese stelsels opgeneem. 

Natuurrampe

“Die voorkoms van ongewone lae en hoë temperature kom gereelder en vir langer tydperke voor. Die ontwikkelende wêreld ondervind al lankal natuurrampe, maar dit begin nou in ryk, ontwikkelde lande gebeur.

“In Suid-Afrika is heelwat nuwe benaderings al gevolg, soos met die droogte in die Kaapstad-omgewing, toe inwoners gedwing is om water uiters spaarsamig te gebruik. Winterreënstreke het ’n unieke kwesbaarheid, omdat reëndraende weerstelsels met aardverwarming suidwaarts gevoer word.”

Hy sê die mens kan verdere aardverwarming vertraag. “Die sleutel is om die prys van koolstofvrylatings te verhoog, vervoerstelsels drasties te verander, geboue energie-besparender te maak en landbou-vrylatings te verminder.” 

Bedingingsmag

Mnr. Buti Manamela, adjunkminister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, wat die skool amptelik geopen het, het gesê die navorsing en aanbevelings wat uit die skool sal voortspruit, gaan voordelig vir die staat se maatskaplik-ekonomiese vooruitbeplanning wees.

“Suider-Afrikaanse geloofwaardige navorsing verskaf beter bedingingsmag op internasionale forums waar ontwikkelende lande hul stemme moet laat hoor om oplossings vir klimaatsverandering te vind. Die nuwe skool skep meer geleenthede vir opleiding en vaardigheidsontwikkeling. Die kwessie is om wetenskap vernuwend toe te pas sodat selfs die kwesbaarstes baat vind.

“Ons benodig ’n nuwe generasie wetenskaplikes wat oor heelwat dissiplines werk om vernuwende toepassings te vind. Klimaatsverandering is ’n omvattende onderwerp waaroor Suid-Afrika as ’n ontwikkelende staat verantwoordbaar en verantwoordelik moet wees. Die skool bied ’n geleentheid om patrone in klimaatsverandering te midde van plaaslike omstandighede te voorspel. Op dié wyse kan infrastruktuur vir basiese dienste beter beplan word. Ons kan vroeër op veranderinge in die omgewing en maatskaplik-ekonomiese toestande reageer.” 

Uitgebreide mandaat

Prof. Wim de Villiers, rektor, het gesê die skool spits hom toe op navorsing en ontwikkeling, opvoeding en opleiding, asook samewerking waarin hy oor die maatskaplike gevolge van klimaatsverandering wil raadpleeg. “Met kommersialisering wil ons deskundige dienste aan akademiese instellings, die openbare en privaatsektore bied. Dit is nie net die groot ekonomieë wat groenhuisgasse vrylaat nie. Suid-Afrika moet ook sy kant bring om dreigende omgewings- en humanitêre krisisse af te weer.”

Die skool het ’n uitgebreide mandaat om met ander fakulteite en sentrums by die universiteit, asook ander nasionale en internasionale universiteite saam te werk “sodat ons nie in silo’s werk nie en saam ingewikkelde kwessies oplos”.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
20.01
+0.7%
Rand - Euro
17.69
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,663.99
+0.2%
Silwer
19.21
+0.9%
Palladium
2,164.75
-0.1%
Platinum
866.26
+0.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot