Probeer eerder om die uitwerking van klimaatswisselvalligheid op water so goed as moontlik te bestuur.
Dié raad kom van prof. Mike Muller, besoekende hoogleraar aan die skool vir regeerkunde aan die Wits-universiteit en voormalige direkteur-generaal van waterwese.
Hy het op ’n konferensie van die Suid-Afrikaanse vereniging van watergebruikers (Saafwua) gesê hy ontken nie dat klimaatsverandering plaasvind en probleme veroorsaak nie, maar ten opsigte van water moet ’n mens die ware probleem probeer verstaan.