AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Kwik kan skerp styg in Gauteng en KZN

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Inge Kotze
Foto: Inge Kotze
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die kwik vandag en môre tot 37 °C in Gauteng en tot 39 °C in KwaZulu-Natal kan styg.

Die weerdiens versoek die publiek om vir hitte-uitputting en ander hitteverwante siektetoestande versigtig te wees. Verlede week is vyf plaaswerkers van Kakamas in die Noord-Kaap weens hitte-uitputting oorlede, terwyl twee nog in die hospitaal behandel word.

Baie warm tot uiters warm temperature duur volgens die weerdiens ook in die Noord-Kaap voort met los buie en donderbuie in die verre oostelike gedeeltes van die provinsie. ’n Matige tot vars suid tot suidoostelike wind kan langs die kus verwag word.

Die weerdiens waarsku ook dat die moontlikheid van veldbrande uiters hoog is in die Kai !Garib-munisipaliteit en die noordelike gedeeltes van die Noord-Kaap, asook die Kagisano-Molopo-munisipaliteit in Noordwes.

Verder word gedeeltelik bewolkte en warm toestande vir Noordwes voorspel met baie warm toestande in Mpumalanga.

Warm tot baie warm toestande word vir Limpopo verspel. Volgens die weerdiens kan los buie en donderbuie teen vanaand in die Limpopo-vallei en Laeveld verwag word.

Gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm toestande met los buie en donderbuie word vir die Vrystaat, behalwe die verre ooste van die provinsie, voorspel.

In die Wes-Kaap word gedeeltelike bewolkte toestande langs die kusgebied en in ooste van die provinsie verwag met los buie en donderbuie.

Langs die kus sal in die oggend ’n matige oostelike tot noordoostelike wind waai. Teen vanmiddag sal die wind volgens die weerdiens ’n matige westelike tot suidwestelike wind word.

Motreën word vanoggend oor die suidwestelike gedeeltes van die Oos-Kaap verwag met gedeeltelik bewolkte en uiters warm toestande met los buie en donderbuie langs die kus en in die oostelike gedeeltes van die provinsie.

Die wind langs die kus sal ’n matige noordeestelike wind wees tot vanmiddag wanneer dit na verwagting sterker sal word.

Los buie en donderbuie word ook in die verre suide van KwaZulu-Natal verwag met ’n matige tot sterk noordoostelike wind.

* Hoe lyk die weer in jou provinsie vandag? Stuur jou weerfoto’s na nuus@landbou.com.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot