AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

KYK! Ghaapse plato is onder water

akkreditasie
'n Plaaspad is onbegaanbaar na die Spitskopdam oor sy walle begin loop het. Die water is op pad na die Vaalrivierstelsel. Foto: Willem van der Berg
'n Plaaspad is onbegaanbaar na die Spitskopdam oor sy walle begin loop het. Die water is op pad na die Vaalrivierstelsel. Foto: Willem van der Berg
Talle paaie tussen Kuruman en Barkly-Wes in die Noord-Kaap is onder water nadat swaar reën die afgelope week in die suidelike dele van Noordwes, die noordwestelike dele van die Vrystaat en die noordoostelike dele van die Noord-Kaap voorgekom het. Dele van die N8 was gister gesluit vir verkeer.

Ná die reën het die Hartsrivier afgekom en die Spitskopdam loop oor. Dié water is op pad na die Vaalrivier, wat by Douglas by die Oranjerivier aansluit. Van daar sal die water na die Benede-Oranjerivier vloei.

Damme

Boere wat teen die Oranjerivier en Benede-Oranjerivier boer, hou die situasie voortdurend fyn dop, want nog water word binnekort in die stelsel verwag. Dit volg nadat mnr. Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van waterwese, vroeër vandag aan SABC Nuus bevestig het dat die Vaaldam gistermiddag 100% vol was. Dit is die eerste keer sedert 2018 dat die Vaaldam vol is.

Nog water wat in dié dam inloop, kan daartoe bydra dat die dam oor sy walle begin loop. Volgens Ratau is die Bloemhofdam, wat ook deel vorm van die Vaalrivierstelsel, 106% vol. Die Gariepdam in die Oranjerivier staan op 112,7%. Die land se tweede grootste dam, die Vanderkloofdam, wat ook deel vorm van die Oranjerivierstelsel, staan op 109,8%.

Senutergend

Mnr. Jors van der Westhuizen, ’n rosyntjie-en-wyndruifboer van die distrik Grootdrink, sê wingerde het die naweek by onder meer Keimoes teen die Benede-Oranjerivier oorstroom.

Hy sê hulle is gelukkig dat die vloedwalle wat ná 2011 se oorstromings in die gebied gebou is, nog hou. Daar is wel boere met skade in dié dele waar die walle nog nie herstel is nie. “Dis nogal ’n senutergende seisoen. Die water bly styg en mens bly maar onseker oor wat gaan gebeur, maar tot dusver hou ons nog uit.”

Noemenswaardige skade

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê hoewel die skade weens die groot hoeveelheid water wat tans deur die Oranjerivierstelsel beweeg, kleiner is as die skade wat in 2011 gerig is, is dit steeds noemenswaardig.

“Die Benede-Oranjerivier is erg onder druk weens die hoë watervlakke wat daardeur beweeg. Dit wil lyk asof die hoë watervlak wat danksy die laaste vlaag reën vanaf die Taung- en Spitskop-omgewing op pad is, sy hoogtepunt vandag by Prieska bereik. Dit kan van môre af stadig begin daal en sal laer wees as voorspel. Daardie water sal dan in die rigting van Upington, Keimoes en Kakamas beweeg.”

Jansen sê daar is tans gedeeltes in die Benede-Oranjerivier-gebied waar daar nie vloedwalle is nie en as gevolg daarvan word water in wingerde en ander aangeplante landerye ingestoot. “Dan is daar ook van die onherstelde vloedwalle wat probleme skep. Enkele herstelde walle het vanweë die hoë watervlak meegegee.”

Hy sê omdat die water ’n lang tyd op die walle staan, raak die walle uiteindelik sag en gee mee. “Ons hou duim vas dat die water in die Oranjerivierstelsel spoedig verder kan afloop en die hoë watervlakke kan begin normaliseer sodat verdere skade nie in daardie omgewing voorkom nie.”

oorstroom, Spitskopdam
Water vloei na die Vaalrivierstelsel soos dit oor die Spitskopdam se wal loop. Foto: Willem van der Berg
uitvloei van spitskopdam
Water vloei na die Vaalrivierstelsel soos dit oor die Spitskopdam se wal loop. Foto: Willem van der Berg
oorstroom, Spitskopdam
Paaie is oorstroom suid van die Spitskopdam na die dam oor sy walle begin loop het. Foto: Willem van der Berg

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot