AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

KYK: Tankwa – ‘Hier’s baie water!’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Doringrivier vloei baie sterk in die Tankwa-Karoo. Foto: Skermgreep
Die Doringrivier vloei baie sterk in die Tankwa-Karoo. Foto: Skermgreep
Só spoel die Doringrivier oor bruggies en paaie in die Tankwa.

Mnr. Breyten Booysen van die Witzenberg-reddingsdienste het die video aan Landbouweekblad gestuur. Volgens hom is die paaie in die Tankwa moeilik begaanbaar en mense wat daar wil ry, word aangeraai om met vierwielaangedrewe voertuie in groepe saam te ry.

“Ons sukkel om tussen plase te ry, hier is baie water.” Hy sê mense kan die reddingsdienste kontak op 023 316 2329 vir hulp en bystand.

“Ons gaan later vandag weer terug Tankwa toe om te help.”

Boere in die omgewing is reeds gister aangeraai om op hul hoede te wees. Op verskeie Facebook-groepe is video’s en foto’s geplaas van strome water wat in paaie en oor brûe in die Tankwa spoel.

Reën kom betyds vir rooibos

Die reën van die afgelope paar dae oor dele van die Wes- en Noord-Kaap was betyds om die jong rooibosplantasies en die saad en plantjies wat vanjaar geplant is, langer te laat groei voordat oestyd oor ’n paar weke begin.

rooivbos,
Foto: Amelia Genis

Rooibosplantasies het in November en Desember begin swaar trek ná ’n baie droë winter, maar die 14 mm tot 68 mm reën wat van Saterdag af op verskillende plekke geval het, gaan baie help.

Mnr. Johan Brand, tegniese bestuurder by Rooibos Bpk., sê hulle het verlede jaar min of meer die ooreenstemmende tyd 40 mm reën gehad wat toe ’n groot verskil aan vanjaar se oes gemaak het.

Brand sê die reën gaan dalk nie ’n groot verskil aan die ou bosse maak nie. “Hulle het klaar die boodskap gestuur dat hulle nie verder gaan groei nie, maar dis goud werd vir die tee wat vanjaar geplant is.”

Die reën kan die rooibosoesskatting vir 2023 met 2 000 ton tot 19 000 ton verhoog. Dis steeds laer as die 22 000 ton-oes van vanjaar en die 25 000 ton-oes wat in 2021 behaal is.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot