AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

KZN se uiterste reënval raak meer gekonsentreerd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Brug oor die Mlazi-rivier kort ná oorstromings in April 2022. Foto: Verskaf deur KwaNalu
'n Brug oor die Mlazi-rivier kort ná oorstromings in April 2022. Foto: Verskaf deur KwaNalu
KwaZulu-Natal se boere en ander inwoners kan dit as ’n feit aanvaar dat die frekwensie van uiterste reënvalgebeurtenisse in die provinsie toeneem, dui die Suid-Afrikaanse Weerdiens in ’n nuusbrief aan.

Dr. Andries Kruger, hoofwetenskaplike van klimaatdata-analise en -navorsing by die weerdiens se klimaatdiensafdeling, en me. Nthabiseng Letsatsi, ’n klimaatinligtings- en publikasiewetenskaplike by die weerdiens se klimaatinligtingseenheid, skryf in die WeatherSmart-nuusbrief vir Oktober 2022 dat die tydsverspreiding van sulke gebeurtenisse ook verander, soos blyk uit KwaZulu-Natal se ontydige swaar en wydverspreide reën van April 2022. Swaar neerslae het oorstromings oor groot dele veroorsaak, met sowat 440 mense wat hul lewe verloor het en sowat 40 000 wat dakloos gelaat is. Die skade is op R7 miljard geraam.

Kruger en Letsatsi verduidelik dat navorsing bevind het dat die tydsduur tussen uiterste reënvalgebeurtenisse in KwaZulu-Natal verkort. Dít hou die risiko in dat natuurlike stelsels, soos grond se waterhouvermoë, en mensgemaakte infrastruktuur – soos stedelike dreinering – toenemend nie opgewasse gaan wees vir die groeiende volumes gekonsentreerde reënval nie.

“Veranderinge in die waarskynlikheid van die voorkoms van uiterste gebeurtenisse kan veel groter nadelige impakte op lewens, natuurlike stelsels en infrastruktuur hê as ’n verandering in gemiddelde klimaatstoestande. In Suid-Afrika sien ons ’n toename in die aantal swaar reënvalgebeurtenisse oor die algemeen. Dit skep ’n dringende behoefte aan ’n goeie aanpassing- en versagtingstrategie om weerverwante rampe te voorkom en te verminder.”

Kruger verwys in nog ’n verslag in die nuusbrief daarna dat die tydsduur tussen uiterste reënvalgebeurtenisse nie net vir die hele KwaZulu-Natal afneem nie, maar dat die tyd van die jaar vir sulke gebeurtenisse ook verleng. April is byvoorbeeld histories nie ’n maand vir sulke gebeurtenisse nie, maar dele van KwaZulu-Natal het rekordhoeveelhede reën daagliks en agtereenvolgend vir die tydperk 9 tot 17 April 2022 ervaar. In slegs 24 uur het 356 mm reën by die Margate-lughawe aan die Suidkus geval, 307,4 mm by Mount Edgecombe net noord van Durban, 144,2 mm by Maphumulo in die binneland van die Noordkus en 102 mm by Pietermaritzburg se Oribi-lughawe in die sentrale binneland.

Kruger voeg by dat toenames in die frekwensie van intense reënval gedurende die lente, somer en selfs herfsmaande van Oktober tot April tot dusver vir byna die hele KwaZulu-Natal voorgekom het en na verwagting sal dit in die toekoms voortduur.

“Die verhoogde voorkoms van buitengewoon swaar reën in ’n kort tyd kan die verwagte maksimum reënval oor langer termyne beduidend verander. Dit sal ’n invloed hê op paraatheid vir moontlike vloedverwante rampe en die gevolglike maatskaplik-ekonomiese impakte daarvan.

“Vir die KwaZulu-Natalse kus en aangrensende binneland is die statistieke vir tydperke dat swaar neerslae in April kan voorkom, nou vergelykbaar met dié gedurende die somermaande. Dié beteken dat die gedeelte van die jaar waarin oormatige reënval moontlik is, waarskynlik verleng het,” sê Kruger.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.12
+1.0%
Rand - Euro
18.16
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.41
-0.2%
Silwer
23.00
-0.7%
Palladium
1,910.50
+0.6%
Platinum
1,022.28
+0.2%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,212
+1.4%
Alle aandele
75,374
+1.4%
Hulpbronne 10
75,067
+1.4%
Industriële 25
92,467
+1.0%
Finansiële 15
15,839
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot