AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

La Niña dalk op pad vir die somerseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Voorspellings dui daarop dat die kans groot is dat ’n La Niña-stelsel in die komende somer gaan heers.

Die kans is tans meer as 60% vir ’n La Niña-stelsel, met bitter klein kans vir ’n El Niño-stelsel en ’n sowat 30%-kans dat die Enso (El Niño Suidelike Ossilasie) neutraal gaan bly. Die nuutste voorspellings wys wel dat die La Niña-stelsel versterk, het mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, tydens ’n webinaar van die !Xhariep-streek van die Landbouskrywers SA gesê.

Die La Niña-stelsel wat tans ontwikkel, is van swak tot mediumsterkte, met die nuutste voorspellings wat aandui dat dit omtrent dieselfde sterkte as verlede jaar kan wees, het Van den Berg gesê.

Nog ’n teken wat gunstig is vir somerreënval oor Suid-Afrika, is die ontwikkeling van ’n negatiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool (IOD). Hy het gesê ’n La Niña-stelsel en negatiewe IOD-fase is gewoonlik baie gunstig vir goeie somerreën.

Reënvalverwagtinge

Voorspellings dui tans op gemengde seine vir die suidelike dele van Afrika in September, Oktober en November, met dele wat ondergemiddelde reën kan kry, dele wat gemiddelde reënval kan kry, en ander dele wat bogemiddelde reën kan verwag.

In die tydperk van Oktober, November en Desember is die kans goed op bogemiddelde reën in Oktober, November en Desember. In Januarie, Februarie en Maart gaan die reënvalpatroon meer weswaarts begin skuif, met die kans op reën wat dan minder gaan begin raak oor Mpumalanga en KwaZulu-Natal.

Hoop vir droogtegeteisterde gebiede

Van den Berg het gesê die gebiede in die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en die Karoo (veral die Boesmanlandstreek) wat ernstige droogtetoestande beleef, val tussen die somer- en winterreënstreek, wat voorspellings vir dié streke moeiliker maak.

Hoewel voorspellings vir die suidwestelike dele van die Noord-Kaap nog onduidelik is, is die kans goed dat droogtetoestande in dele van die Oos-Kaap in die komende maande kan breek.

Van den Berg het verduidelik dat ’n sterk La Niña-stelsel nodig is om die droogtetoestande oor die Noord-Kaap te breek, maar daar is ’n kans dat die negatiewe fase van die IOD vanjaar kan help dat die La Niña-stelsel se effek verder wes kan uitbrei.

Risiko’s

Van den Berg het gewaarsku dat sprinkane in die komende seisoen weer kan voorkom, veral oor gebiede wat reën kan kry nadat dit die afgelope paar jaar baie droog was. “Dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van CropLife SA, het onlangs ook gesels by ’n sessie waar ek ’n spreker was, en hy het boere gevra om betyds voorsorg te tref vir die komende seisoen en om enige moontlike sprinkaanswerms vinnig aan te meld.”

Die komende somer kan weer moeilik wees vir tafeldruifboere in die Benede-Oranjerivier en die Hexriviervallei, en boere moet die weer goed dophou om te bepaal hoe vinnig hulle moet oes. Van den Berg het gesê voorspellings dui tans aan dat reën oor die Benede-Oranjevier-gebied vroeër as normaal kan wees, met goeie neerslae wat reeds in November en begin Desember kan uitsak. Voorspellings dui ook op stelsels wat in Januarie en Februarie oor Namibië kan ontwikkel, wat reën tot so ver as die Wes-Kaap en Hexrivier kan laat uitsak.

Met goeie neerslae wat oor die meeste dele van Suid-Afrika verwag word, kan plae en diere- en plantsiektes in die komende seisoen voorkom. Boere moet dus die nodige voorsorg tref.

Van der Berg het gesê oorstromings kan voorkom. Sommige damme is steeds redelik vol en kan dus met swaar reën oorstroom.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot