AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Meeste reën oor Boesmanland vir Oktober sedert ’96

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Die reën wat verlede week oor die Boesmanland en dele van die Karoo voorgekom het, was die beste neerslae vir die maand van Oktober sedert 1996.

In daardie jaar is 35 mm onder meer in die distrik Williston gemeet. Van 20 mm tot 45 mm is verlede week in die Williston-omgewing gemeet. Die distrik Upington het 50 mm gemeet, Augrabies 25 mm, Brandvlei 33 mm, Calvinia 19 mm, Askham 20 mm en Vanzylsrus 22 mm.

“Die ongeveer 50 mm wat verlede week in dele van die distrik Pofadder gemeet is, is die meeste wat volgens die weerrekords nóg in Oktober in dié omgewing geval het,” sê mnr. Johan van den Berg, ’n onafhanklike landbouweerkundige. “In 2005 het 24 mm voorgekom en in 1982 35 mm, wat die beste neerslae vir Oktober was sedert 1970.”

Volgens Van den Berg was daar al heelwat soortgelyke jare waar byvoorbeeld Williston ook noemenswaardige reën, meer as 20 mm, in Oktober gehad het. Dié Oktobermaande was in 1973, 1976, 1981, 1982, 1984, 1985, 1991, 1995 en 1996. “In die meeste van hierdie jare het daar ook goeie neerslae in minstens twee maande later in die seisoen voorgekom, met die uitsondering van die El Niño-seisoene van 1982-’83 en 1991-’92, asook een swak La Niña-seisoen in 1984-’85 toe baie min verdere reën voorgekom het.”

Pofadder het slegs in drie jare in die afgelope halfeeu meer as 15 mm reën in Oktober gehad, naamlik 1982, 1999 en 2005. In al drie dié seisoene was daar minstens nog een maand daarna met bogemiddelde reënval voor die volgende winter. “Dus, gegrond op vorige weerpatrone, lyk dit asof die kans goed is vir opvolgreën in hierdie gebiede,” aldus Van den Berg.

In dele van die Klein-Karoo, Oos- en Wes-Kaap is ook goeie neerslae aangeteken. Sowat 40 mm is by Oudtshoorn gemeet, 57 mm by Ladismith, 21 mm by Laingsburg, 21 mm by Willowmore, 16 mm by Aberdeen, 27 mm by Joubertina, 15 mm by Port Elizabeth en 10 mm by Jamestown. Metings in die Wes-Kaap het gewissel van sowat 50 mm by Villiersdorp tot 30 mm en 24 mm by Malmesbury en die Paarl onderskeidelik. 

Wat kan die reën vir langertermyn-neigings beteken?

“ ’n La Niña-verskynsel is gewoonlik nie gunstig vir reën vroeg in die seisoen nie, hoewel ’n sterk La Niña-stelsel gewoonlik bogemiddelde somerreënval baie later in die seisoen veroorsaak,” sê Van den Berg.

“Die antwoord (vir die Oktober-neerslae) lê moontlik by die Indiese Oseaan. See-oppervlaktemperature is tans koeler as normaal al langs die kusgebiede van Afrika se Ooskus en warmer meer na die ooste na Australië se kant. Hierdie opstelling van see-temperature veroorsaak dat die Indiese Oseaan se hoogdrukstelsels nader aan die Afrika-vasteland en selfs oor die oostelike dele, dit wil sê noord van Mosambiek, geleë is,” verduidelik Van den Berg.

“Dit veroorsaak dat tropiese vog verder weswaarts oor sentraal- en wes-Afrika antikloksgewys rondom die hoogdrukstelsels vanaf die Indiese Oseaan ingevoer word, en suidwaarts beweeg om later suidooswaarts te draai en makliker reën kan veroorsaak oor die westelike en suidwestelike dele.”

Van den Berg sê die La Niña-verskynsel wat na verwagting die seisoen gaan heers, het sterker begin ontwikkel as wat aanvanklike voorspellings aangedui het. “Dit lyk ook asof die draaipunt (van dié stelsel) later bereik gaan word as wat in die 2020-’21-seisoen die geval was.”

“Die sterker ontwikkeling, later draaipunt en gunstige seetemperature van die Indiese Oseaan kan bogemiddelde reënval veroorsaak oor groot dele van die land. Dit lyk egter asof die periode rondom Februarie kan sorg vir ’n midsomerdroogte oor die oostelike somergraangebiede,” aldus Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,714.76
-0.7%
Silwer
20.57
-2.4%
Palladium
2,255.32
-2.9%
Platinum
920.90
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot