Ek het ontledings gedoen van reënvalrekords van ’n plaas in die Britstown-distrik van 1944 tot 2021. Die doel was om vas te stel hoe ernstig die onlangse droogte was in vergelyking met vorige droogtes.
Uit die maandelikse rekords wat ek verkry het, het ek die volgende gedoen:
- Ek het al die maande toe dit minder as 25 mm gereën het, uitgehaal. Die rede is dat ek meen die invloed op die plantegroei is te gering. Ek noem dit wat hierna oorbly, die effektiewe reënval.