AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

KYK: ’n Vreugdeswem ná sewe jaar se droogte!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Skermgreep
Foto: Skermgreep
Ná sewe jaar se droogte het die hemel se sluise einde verlede week op 'n plaas in die distrik Beaufort-Wes oopgemaak.

Ná sewe jaar se droogte én nadat al die diere op die plaas Driekop in die distrik Beaufort-Wes verkoop moes word, het die hemel se sluise einde verlede week daar oopgemaak. Mnr. Jacques Strydom onthou van sy ooreenkoms met sy voorman, mnr. Booi Witbooi: “Wanneer die damme weer vol reën, gaan ek en jy in hierdie einste dam swem en vir die Here dankie sê.”

En hulle het dit gedoen. Dis op video vasgevang en is al wyd op sosiale media versprei.

Strydom, ’n finansiële adviseur, was op pad van die dorp af waar hy vir een van sy ander plaaswerkers gaan bid het, toe hy die swaar weer oor die plaas sien. “Ek was versigtig optimisties, want soms reën dit swaar op die dorp, maar die plaas bly droog, maar hoe nader ek aan die plaas kom, hoe meer blyk dit toe dit het gereën.”

Strydom sê Driekop het aanvanklik sowat 30 mm reën gehad, maar teen verlede week Vrydag, “terwyl ek vir my plaasman met kanker bid, seën die Here ons met nog 20 mm”.

Strydom ken die droogte waaronder boere in die Karoo deurloop maar alte goed. Die afgelope sewe jaar was uiters droog, dermate dat hy van al sy skape ontslae moes raak. Nou het die groot reën egter weer tot asemskep gelei. Strydom sê hy gaan wel vir eers die grond laat rus. “Sowat 60% van ons bossieveld is heeltemal dood, maar ek reken ons sal nou weer redelik grasveld sien. Ek is eintlik opgewonde om oor ’n maand of twee te gaan kyk hoe alles herstel het. Ons het redelike grondbewaringswerk reeds gedoen om soveel moontlik water op te vang en gronderosie te voorkom, en ek dink dat ons nou die resultate daarvan gaan sien.”

Dit gaan egter nie net oor homself nie, sê Strydom. Hy het onlangs ’n groep, Partner with a Karoo Farmer, van stapel gestuur om boere in die droogtegesteisterde Calvinia, Williston en ander streke te help. “Die idee is dat sakemanne, mede-boere en enige ander belangstellendes sal intree en onderneem om boere en hulle arbeiders finansieel te ondersteun tot dit weer reën,” sê hy. Op hierdie stadium gaan dit moeilik, maar Strydom is vol moed dat dit weer sal reën of dat meer mense deel sal word van die projek.

Oor sy skielike internet-roem sê Strydom dat hy net aan die Here wou dankie sê. “Dit was ’n groot uitkoms. Wanneer jy na die satellietbeeld van verlede week se reënvalkaart kyk, lyk dit soos ’n duimdruk en ek glo dit is die Vader se duimdruk wat ons land kom toevou en reën gee het.”

Belangstellendes wat Strydom oor sy Partner with a Karoo Farmer-projek wil kontak, kan hom by 082 873 9364 bel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.71
+0.7%
Rand - Pond
20.11
+0.5%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,712.93
+0.8%
Silwer
21.01
+1.4%
Palladium
2,320.00
+4.3%
Platinum
926.50
+2.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,435
+2.7%
Alle aandele
65,902
+2.6%
Hulpbronne 10
63,869
+3.6%
Industriële 25
79,464
+2.5%
Finansiële 15
14,061
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot