AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Nog reën en hitte tot April verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Hoewel koeler dae verlede week oor dele van Suid-Afrika begin voorkom het, word hoë temperature en nog reën tot einde Maart oor dele van die land verwag.

Koeler dae het oor groot dele van Suid-Afrika, met uitsondering van die Wes- en Noord-Kaap, tot dusver in Maart voorgekom. Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê maksimum temperature het plek-plek tot onder 20 °C gedaal. Op 20 Maart is maksimum temperature so laag as 16,5 °C en 16,7 °C by onderskeidelik Johannesburg en Warden in die Vrystaat gemeet. By Ermelo in Mpumalanga en Estcourt in KwaZulu-Natal het temperature tot 19,9 °C en 19,6 °C gedaal. Daarteenoor het temperature by Vioolsdrif tot 40 °C gestyg en by Vredendal tot 39,1 °C. 

Van den Berg sê temperature gaan baie wissel met matige tot warm toestande wat tot ongeveer 27 Maart gaan voortduur. “Die sentrale en westelike dele van die Wes-Kaap kan weer baie warm toestande en temperature van bo 35 °C van ongeveer 28 tot 30 Maart verwag.”

Bewolkte en koeler toestande gaan van einde Maart begin voorkom met baie meer matige maksimum temperature tussen 25 °C en 30 °C. In die Suid-Kaap kan maksimum temperature van 20 °C tot 26 °C voorkom.

Reënval

Ligte reën van minder as 20 mm kan tot einde Maart oor bykans die hele Suid-Afrika voorkom. Tropiese vog kan buie oor die westelike en suidelike binneland veroorsaak tot ongeveer 25 Maart, wanneer dit gaan opklaar vanuit die weste en noordooswaarts gaan skuif en ligte reën langs die Suid-, Oos- en Noordkus veroorsaak. Swaarder reën van tot 40 mm is moontlik oor die Laeveld, asook oostelike gedeeltes van Mpumalanga rondom 26 tot 28 Maart.

Van den Berg sê in die Noord-Kaap word droër toestande van 25 Maart tot 1 April voorspel, waartydens lusernboere lusern kan sny en baal.

Reënvaltoestande verbeter weer in die eerste week van April oor veral die westelike dele van Suid-Afrika, hoewel modelle nie tans aandui of swaar neerslae dan sal voorkom nie.

Wat reënval oor die winterreëngebied betref, sal tropiese vog wat oor Namibië suidwaarts beweeg, die kans op ligte reën tot 25 Maart oor die suidelike deel van Suid-Afrika verbeter. Minder as 10 mm is moontlik oor die winterreëngebied tot ongeveer 25 Maart, wat dan kan voortduur oor die Suidkus tot ongeveer 28 Maart.

“In die eerste week van April kan 10 mm tot 20 mm oor die Swartland, die Kaapse Wynland en die Kaapstadse metropool voorkom. Minder reën is oor die Suid-Kaap moontlik,” sê Van den Berg. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek soek my beste maaitjie.
Ek is baie eerlik en opreg. Hou van buite lewe. Ek geniet n fliek en series kyk. Ek is dalk bietjie stil maar het darem nie n plesier oor my mond geplak nie. Ek is nie n...
Blank space for now
Ag sommer maar net want ek is awesome en die wereld kort Meer van my! Hahaha haha! Sin vir humor is so belangrik
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot