AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nog sneeu, ryp in komende weke moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Langfontein Boerdery onder 'n ligte sneeukombers na sneeu Vrydag, 19 Augustus 2022 daar uitgesak het. Foto: BP Greyling
Langfontein Boerdery onder 'n ligte sneeukombers na sneeu Vrydag, 19 Augustus 2022 daar uitgesak het. Foto: BP Greyling
Die sneeu wat die afgelope naweek oor dele van Mpumalanga, die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voorgekom het, is nie buitengewoon vir hierdie tyd van die jaar nie.

As na die geskiedenis gekyk word, is dit nie ongewoon dat redelike swaar sneeu in Augustus oor dele van Suid-Afrika voorkom nie. Die afgelope naweek se sneeuneerslae kan ’n aanduiding wees dat daar nog sneeu voor die somer kan voorkom, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Die sneeuval het wyd oor die Drakensberge en omliggende gebiede voorgekom, maar die swaarste neerslae was in die omgewing rondom Harrismith en die suidoostelike dele van die Drakensberge. Die oorsaak was ’n baie sterk frontale stelsel wat reën oor die Wes-Kaap veroorsaak het en oor die suidoostelike tot noordoostelike dele van die land inbeweeg het. Saam met die baie lae temperature en lae vriesvlakke was genoeg vog beskikbaar om sneeu te vorm oor redelike groot gebiede.

Van den Berg sê as gekyk word na die geskiedenis van sneeuval is Augustus dikwels die maand met die meeste sneeu oor die Drakensberge en veral verder noordooswaarts op die hooggeleë dele. “Daar is verskeie voorbeelde in die verlede waar swaar sneeu tot selfs in Oktober voorgekom het. So byvoorbeeld het daar van 15 tot 18 Oktober 1990 swaar sneeu voorgekom wat veroorsaak het dat Van Reenenspas gesluit moes word. In dieselfde jaar was daar ook swaar sneeu op 19 en 21 Augustus oor die Noordoos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Drakensberge, asook gedeeltes van Mpumalanga, met verdere sneeu op 29 Augustus 1990 oor veral die noordoostelike dele van die Oos-Kaap en aangrensende dele van KwaZulu-Natal.”

Verdere voorbeelde van sneeu in Augustus en September oor die noordelike dele van die land was op 25 en 26 Augustus 1989 toe meer as 32 cm sneeu op Van Reenenspas voorgekom het. Op 28 en 29 Augustus 1981 het sneeu tot in Upington en ’n paar dae later op 10 September 1981 tot so ver noord as Witbank (Emahlaleni) en Johannesburg voorgekom. Die sneeuval het gewissel van 10 mm tot 15 cm.

“Tans is toestande vir ligte reën oor die noordoostelike dele van die land in die komende weke gunstig, en dit tesame met koue toestande kan weer sneeu veroorsaak,” verduidelik Van den Berg.

Ryp

Wat rypskade aan wintergrane en druiwe betref, sê Van den Berg die gevaar vir rypskade word al hoe groter as gekyk word na die groeistadiums van wintergrane en druiwe in veral die Noord-Kaap.

Met lae temperature wat in die afgelope dekade of meer al hoe later begin voorkom as gevolg van veranderde weerpatrone, is die onderliggende neiging dat rypskade tot in Oktober meer gereeld kan voorkom. In veral die sentrale tot suidelike dele van die land het die laaste rypdatums met tien tot dertig dae aangeskuif in afgelope paar jaar.”

Volgens korttermynvoorspellings kan minimum temperature weer tot naby vriespunt of laer daal van 26 tot 28 Augustus, 4 tot 6 September, middel van September en in die eerste week van Oktober. “Dus is die risiko van rypskade oor die sentrale tot suidelike binneland steeds redelik groot tot ongeveer middel Oktober. Die kans op verdere ryp in veral Limpopo, die noordelike dele van Gauteng en die noordelike dele van Noordwes is gering en die res van die seisoen word swaar ryp nie oor die dele verwag nie,” sê Van den Berg.

Winterreën

Die reënneerslae wat verlede week en die naweek oor dele van die winterreënstreek voorgekom het, het gewissel van 10 mm tot 60 mm, met die minste reën wat oor die Swartland en westelike binneland voorgekom het. By Hopefield is 12 mm gemeet, 15 mm by Piketberg, 20 mm by De Doorns en 25 mm by Malmesbury. Swaarder neerslae is gemeet by Caledon (31 mm), Ceres (32 mm), Stellenbosch (47 mm) en die Strand (61 mm). “Hierdie reën sal baie help om droogtestremming by wintergrane tydelik te verlig. Daar moet egter nog heelwat reën in veral September voorkom om te sorg dat daar nie droogteskade gaan wees nie.”

Voorspellings dui tans aan dat daar tot middel September tot vyf geleenthede gaan voorkom vir reën, hoewel die neerslae na verwagting lig gaan wees met sowat 10 mm wat vir die Swartland voorspel word. In die tweede week van September kan 20 mm oor die Rûens uitsak. In hierdie stadium dui voorspellings daarop dat van nou tot middel September 20 mm tot 30 mm oor die Swartland kan voorkom en sowat 40 mm in die Rûens. Baie min reën word verwag vir die grootste deel van die winterreëngebied vanaf die tweede deel van September en die grootste deel van Oktober.

Van den Berg sê maksimum temperature gaan na verwagting tot einde September slegs by uitsondering hoër as 20 °C oor die Swartland, die Wynland-distrik, die Rûens, die Suid-Kaap en die Klein-Karoo wees. Dit kan help dat wintergrane se waterverbruik minder is, maar dit sal egter ook die groei en ontwikkeling daarvan vertraag. Warmer toestande kan oor die westelike binneland van die streek voorkom, op plekke soos Clanwilliam en Vredendal.

Die moontlikheid bestaan dat ’n redelike sterk somerreënstelsel wat na verwagting van die laaste deel van Oktober af oor die binneland kan ontwikkel, ook reën oor gedeeltes van die winterreëngebied kan veroorsaak. “Die kans dat reën gaan voorkom wat damvlakke gaan aanvul, word egter al hoe kleiner. Die grootste risiko is veral vir die gebied wat bedien word deur die Clanwilliamdam, waar die damvlak onder 60% is met die reënseisoen naby aan die einde,” aldus Van den Berg.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot