AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Nóg sterk koue fronte in Augustus verwag

akkreditasie
Minimum temperature van -11°C en -16°C is in Julie 2021 by Wakkerstroom gemeet. Foto: BP Greyling
Minimum temperature van -11°C en -16°C is in Julie 2021 by Wakkerstroom gemeet. Foto: BP Greyling
Hoewel die hoogtepunt van die winter na verwagting in die derde week van Julie bereik is, is dit nog nie die einde van sterk koue fronte en baie koue toestande nie.

Terwyl die weerkantoor waarsku dat die koue front wat Dinsdag oor die Wes-Kaap gaan beweeg en reën na die winterreënstreek gaan bring, stormsterk winde oor dele van die provinsie kan veroorsaak, dui weermodelle op langer termyn daarop dat sterk frontale stelsels wat skerp temperatuurdalings – soos verlede week ervaar is – weer in Augustus kan voorkom. Die twee stelsels sal die sentrale, suidelike en suidoostelike binneland na verwagting van 5 tot 11 Augustus en weer van 20 tot 25 Augustus raak.  

Dit lyk wel nie of daar verdere baie koue toestande soos in Julie oor die noordelike dele van die land, veral Limpopo, ervaar is, gaan voorkom nie, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Daar kan in dié tydperke koue- of rypskade voorkom aan vroeë koringaanplantings in die Vrystaat en Noord-Kaap, terwyl druiwe in die Noord-Kaap en vrugtebome in veral die Langkloof en ander gebiede in die suidoostelike binneland skade kan opdoen. Daar is ook ’n kans op temperatuurdalings in die tweede en derde week van September, maar dit is onseker hoe intens dit gaan wees.”

Van den Berg sê met die koeler as normale seetemperature van die aangrensende Indiese Oseaan kan windpatrone verder verander. Dan kan koue suidoostelike tot noordoostelike winde sogenoemde adveksieryp veroorsaak as gevolg van die windbeweging wat die aanvoelbare temperatuur verlaag. 

Laat ryp

Volgens Van den Berg is die normale uittreedatum vir ryp in sekere gebiede in Suid-Afrika diep in September. “In die afgelope paar seisoene van 2016 af is abnormale laat voorkoms van ryp aangeteken, soos in 2018 toe rypskade einde Oktober ’n groot deel van die wintergraanoes in die sentrale binneland vernietig het.

“Daar is dus vanjaar, soos in die afgelope minstens vyf seisoene, weer ’n groot gevaar vir ryp- en koueskade in die lente,” maan Van den Berg.

Die kombinasie van reën, koue en wind skep uiters gevaarlike toestande vir kleinvee, veral as die diere pas geskeer is. Boere moet wel so na as moontlik aan die winter skeer om te voorkom dat swak plekke in wol voorkom as gevolg van swakker weiding of die stremming wat die winter op wol- of haarvesels kan plaas.

Wat toestande betref vir kleinveeboere wat nog hul vee wil skeer, sê Van den Berg: “Hoewel lae temperature nog in Augustus gaan voorkom, lyk dit nie of daar noemenswaardige reën en verdere sneeu gaan voorkom in die sentrale tot suidelike en suidoostelike dele van die land nie. Daar is wel ’n kans op ligte reën rondom 8 Augustus oor die suidoostelike binneland. Voorspellings dui tans aan dat toestande verder gunstig behoort te wees om van einde Julie af te begin skeer. Dit is egter uiters belangrik dat veeboere weervoorspellings dophou vir vinnige veranderinge.”

Koueskade      

Van den Berg sê die baie lae temperature wat van 19 tot 26 Julie oor onder meer die noordelike provinsies voorgekom het, het veral skade aan aanplantings van aartappels, ertjies en aan sitrus veroorsaak. “Veral in die Noord-Kaap het sitrusvrugte aan die bome doodgeryp en het oeste groot skade opgedoen.”

Grootskaalse veevrektes het gelukkig nie voorgekom nie omdat baie boere in die algemeen voorbereid was en toegesien het dat hul vee genoegsaam beskut was. Baie boere het ook die skeer van kleinvee uitgestel het sodat hulle nie kaalgeskeerde skape of bokke in dié tyd sou hê nie.  

“Hoewel die koue in Julie plek-plek skade veroorsaak het, is die groot gevaar vir koueskade wanneer dit warmer word en plante begin bot of in gevoeliger groeistadiums inbeweeg. Baie vrugte- en druiweboere gebruik groeireguleerders om eenvormige bot en vroeër ontwikkeling te stimuleer, maar dit kan baie riskant wees indien die tyd van toediening nie reg is nie,” maan Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is n introvert, baie lief v die natuur
Rustige liefde volle mens wat n maat soek wat lief kan he en na mekaar kan luister, en net die lewe geniet
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot