AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Reën ‘byna daagliks’ in November moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dis planttyd in die somerreënstreek. Foto: Egon Zunckel
Dis planttyd in die somerreënstreek. Foto: Egon Zunckel
Goeie neerslae het reeds oor dele van die somerreënstreek begin uitsak, en dele van Mpumalanga kan tot einde Oktober nog sowat 30 mm reën ontvang.

Enkele tot verspreide reënbuie het die afgelope week, maar veral oor die naweek van 22 tot 23 Oktober oor die somerreënstreek begin voorgekom. Baie stormagtige toestande het plek-plek voorgekom en haelstorms het onder meer op Philippolis in die Suidwes-Vrystaat en by Klerksdorp in Noordwes voorgekom.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê distrikte waar van die meeste reën die afgelope week gemeet is, sluit in Klerksdorp (tot 100 mm), Ermelo (48 mm), Wepener (42 mm), Fort Beaufort (33 mm), Margate (32 mm), Reitz (30 mm), Komani (24 mm) en Cradock (22 mm).

Hy sê soos afgelei kan word uit die reënvalsyfers, was die neerslae baie geïsoleerd en het net kleiner gedeeltes meer as 20 mm reën gemeet. “Dit is egter in baie gevalle voldoende om in veral die oostelike produksiegebiede te begin plant aangesien die ondergrond voldoende water het en slegs die boonste 20 cm tot 30 cm van die grond droog is.”

Daagliks reën?

Somergraanboere in die oostelike produksiegebiede moet verkieslik voor middel November hul aanplantings probeer afhandel om te verseker dat die groeiseisoen lank genoeg is en die aantal hitte-eenhede vir gewasse voldoende is.

Met minder reën wat tot nou voorgekom het, kon min aanplantings nog gedoen word, maar dit kan nou baie vinnig begin plaasvind. Van den Berg sê tot einde Oktober word nog reën oor die oostelike produksiestreke verwag, met onder meer die grootste deel van Mpumalanga wat ten minste 30 mm kan kry.

“Verdere reën is byna daagliks moontlik in November en dit kan gebeur dat landerye baie vinnig te nat word. Dit is dus raadsaam om so vinnig moontlik te plant indien voldoende reën voorgekom het voordat toestande ongunstig word. Baie nat toestande word verwag vir KwaZulu-Natal, die Hoëveld en die oostelike dele van die Vrystaat in die tweede deel van November, maar veral Desember.”

Van den Berg sê bewolkte toestande word gereeld van November tot Januarie verwag.

Daar is nog byna twee maande se planttyd oor in die westelike graanproduksiegebiede. Dié gebiede sluit die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes in. Met verwagte bogemiddelde reënval in veral Desember en Januarie kan toestande vinnig te nat word en sal ietwat vroeër aanplantings vanjaar raadsaam wees op veral baie nat grond.

“Die verwagte verswakking van die La Niña-stelsel vanaf Januarie kan droër toestande vanaf Februarie veroorsaak. Te laat aanplantings kan dan droogteskade kry, veral in grond wat ’n swak waterhouvermoë het,” maan Van den Berg.

Winterreëngebied

Ná ’n seisoen van ondergemiddelde reënval vir veral die wintergraanstreke is daar ’n moontlikheid dat reën in die oestyd kan voorkom. “Van 10 mm tot 20 mm is moontlik in die eerste week tot tien dae van November oor die Swartland en aangrensende gebiede. Meer as 30 mm kan voorkom in die Rûensgebied en verder noordwaarts tot by Riversdal en Albertinia.”

Van den Berg sê nog ’n probleem is dat baie bewolkte toestande met baie hoë lugvog vir hierdie tydperk gaan voorkom. Verdere reën is moontlik, veral in die Suid-Kaap in die middelste en laaste deel van November. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.12
+1.0%
Rand - Euro
18.16
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.41
-0.2%
Silwer
23.00
-0.7%
Palladium
1,910.50
+0.6%
Platinum
1,022.28
+0.2%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,212
+1.4%
Alle aandele
75,374
+1.4%
Hulpbronne 10
75,067
+1.4%
Industriële 25
92,467
+1.0%
Finansiële 15
15,839
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot