Weermodelle dui aan dat koue fronte begin Oktober nog oor die land kan beweeg, met ’n kans dat dele van Suid-Afrika tot dan nog ryp kan kry. Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê in 2019 het ryp so laat as 30 Oktober voorgekom en miljoene rande se skade aan gewasse aangerig.
Die risiko vir rypskade is veral groot vir droëland- en besproeiingskoring in die somerreënstreek. Tans dui weerstelsels twee periodes aan waartydens ryp kan voorkom, naamlik 19 tot 22 September en die eerste week van Oktober. Die risiko is die grootste in die suidelike en suidwestelike dele van die Vrystaat en die Benede-Oranjerivier. Ryp word nie in Noordwes of oor die besproeiingsgebiede van Limpopo verwag nie.
Hael en hitte