AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Ryp, swaar reën later die week voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Na meer as 20mm reën die naweek in die distrik Harrismith geval het, sit voertuie van Fyvie Farming nou maklik in die modder vas omdat grondwatervlakke in dele versadig is. Foto: Fyvie Farming
Na meer as 20mm reën die naweek in die distrik Harrismith geval het, sit voertuie van Fyvie Farming nou maklik in die modder vas omdat grondwatervlakke in dele versadig is. Foto: Fyvie Farming
Koue lug vanuit die suide kan later die week ligte ryp oor dele van Suid-Afrika veroorsaak.

Ná die reën, en plek-plek swaar reën, wat sedert die naweek oor dele van Suid-Afrika uitgesak het, kan sonskyntoestande van Woensdag af terugkeer oor die grootste deel van die land. Die sonskyntoestande gaan egter nie warm weer verseker nie.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hoewel min reën van Woensdag af voorspel word, gaan ’n Atlantiese hoogdrukstelsel wat vanuit die suide ooswaarts oor Suid-Afrika beweeg, van Dinsdag tot Vrydag koel tot koue toestande bring.

“Teen die naweek gaan die hoogdrukstelsel weer suidwaarts beweeg, waarna dit later weer oos van die Wes-Kaap gaan beweeg en winde gaan ooswaarts en later noordoos draai.

“Voorspellings dui aan dat minimum temperature Woensdag- en Donderdagoggend tot onder 5 °C kan daal oor die sentrale tot suidelike dele van die Vrystaat, die noordelike binneland van die Oos-Kaap en suidoostelike dele van die Noord-Kaap, wat die moontlikheid van ligte ryp in die gebiede skep.”

’n Trog van laagdruk sal rondom Vrydag begin ontwikkel oor die westelike binneland, wat die toestande vir reën oor die binneland, veral Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, die suidelike dele van Mpumalanga, die hele KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Oos-Kaap verbeter. Redelike swaar neerslae van meer as 40 mm is veral moontlik oor die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en KwaZulu-Natal vanaf Saterdag (9 April) tot Dinsdag (12 April). Daar is ’n waarskuwing vir vloede en vloedskade rondom Sondag en Maandag (10 en 11 April) oor gedeeltes van KwaZulu-Natal en aangrensende dele van die Oos-Kaap, veral die kusgebiede.

Die winterreëngebied

Wat toestande oor die winterreëngebied betref, gaan ’n koue front wat reeds oor die Wes-Kaap inbeweeg het, tot Woensdag ligte reën oor bykans die hele provinsie veroorsaak. Matige tot sterk winde word uit ’n westelike en suidelike rigting tot Woensdag voorspel, waarna die wind meer ooswaarts gaan draai.

“Windsnelhede van tot 50 km is moontlik uit ’n oostelike of suidoostelike rigting vanaf Donderdag (7 April) tot ongeveer Sondag (10 April) waarna dit weer weswaarts draai met die koms van ’n volgende koue front. Maksimum temperature kan veral van Dinsdag tot Donderdag tot onder 20 °C daal.”

Wat is die impak op landbou?

Die toestande gaan verskillende impakte op die verskillende landboubedrywe hê.

Van den Berg sê die swaar reën wat die afgelope naweek oor somerreëngebied voorgekom het en die swaar reën wat verwag word, kan toestande bemoeilik wanneer veral sonneblom en sojabone stroopgereed is. Landerye is plek-plek steeds nat ná die oormaat reën wat in Desember en Januarie voorgekom het. Veral in die Vrystaat en Noordwes kan verdere skade voorkom.

“Reën word nog verwelkom in die oostelike produksiegebiede omdat dit die afgelope weke redelik droog was, maar dit gaan ook probleme skep as die reën in April en Mei aanhou. Die nat toestande kan siektes soos kopvrot en Fusarium by grane laat voorkom. Graanboere kan dus sukkel om te stroop en dit kan lei tot gehalteprobleme.”

Van den Berg sê die koeler verwagte toestande kan ’n impak uitoefen op pitmassas en hy sê dit kan tot gevolg hê dat ’n groter persentasie van veral die mielieoes vanjaar swakker grade kan lewer. Veral laat aanplantings kan geknou word.

Aan die ander kant lyk weidingstoestande oor die algemeen goed, hoewel winterweiding in die grasveldgebiede se gehalte vanjaar ondergemiddeld kan wees.

“Toestande vir wintergraanboere in die Wes-Kaap lyk redelik goed. Dit het al gereën en daarom kon bewerkings begin.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.2%
Rand - Pond
22.40
+0.0%
Rand - Euro
19.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
956.84
-1.1%
Palladium
1,416.84
+0.8%
Goud
1,962.01
-0.6%
Silwer
23.09
-1.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Opreg en eerlik
Eks plat op die aarde, daars baie waarvan ek hou om te doen behalwe enige iets wat met hoogte te doen het, so letterlik plat op die aarde.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot