AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Sentraal-Karoo kry goeie reën

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Johan Smal
Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Johan Smal
Talle plase in die Sentraal-Karoo, by Merweville, Laingsburg, Fraserburg en Victoria-Wes, het van Vrydag af goeie somerreën gekry.

Meer as 25 mm reën is op verskeie plekke gemeet. Dit het ook gehael op enkele plekke.

Mnr. Johan Smal van die plaas Rosendal op die grondpad tussen Merweville en Beaufort-Wes, sê hulle het Vrydag 6-8 mm donderweerreën gekry.

“Die reën was maar kol-kol. Saterdagmiddag het die donderweer weer opgesteek. Ons was besig om by Twee Rivieren, 20 km van Rosendal, te skeer. Die weer het baie gedreun. Dit was eers sulke groot druppels wat ver uitmekaar geval het. Ná ’n sterk rukwind, het dit begin reën en hael.”

Hy sê die haelkorrels – enigiets van duifeier- tot gholfbalgrootte – het wit gelê. “Die veld gaan nou baie lekker groei.”

Op pad terug na sy woonplaas het dit “gestortreën, amper ’n wolkbreuk, maar dit het nie groot skade aangerig nie”.

‘Sagte intrekreën’

Volgens Smal het dié harde donderweerreën Saterdagmiddag verander in reën wat hom aan winterreën herinner. “Ons het 30 mm van daardie sagte intrekreën gekry. Vir die Karoo gaan dít ongelooflik baie beteken omdat alles wegsak.”

Hy het ’n maand gelede ook reën gekry en die veld is mooi. Tog is daar nog dele wat baie droog is.

Ongelukkig bly die plae nie weg nie. Smal sê ’n swerm sprinkane het Saterdag oor sy plaas getrek. “Die swerms is nie so groot soos vroeër vanjaar nie, maar hulle het reeds oorgegaan van voetgangers na vlieërs.”

As gevolg van die probleem met muggies, veral by riviere, moes hy ook sy skape teen bloutong ent.

 Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Joh
Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Johan Smal
Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Joha
Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Johan Smal
 Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Joh
Reën tussen Merweville en Beaufort-Wes. Foto: Johan Smal

Eerste ordentlike reën

Die 35 mm sagte reën wat mnr. Frans Hattingh van Sandstraat, Merweville, gekry het, was die eerste ordentlike reën wat hy dié seisoen gekry het.

Hy sê dit sal so agt dae duur voordat die eerste groen kos vir die skape beskikbaar is, maar dis belangrik dat hulle gou weer reën kry. “Die opvolg is mos maar die ding. As ons oor 14 dae weer sulke reën kan kry, is ons goed op pad. Nou moet dit nog net lammers kom reën.”

Ook mnr. Toli Victor van Die Meul, Merweville, het 27 mm sagte reën teen Sondagoggend gemeet.

Hy sê hulle trek eintlik “half taaierig, maar nie so erg soos die vorige sewe jaar nie”.

Hul vorige ordentlike reën was in die tweede week van Februarie. Daarna het dit min gereën en nooit genoeg om goeie weiding te maak nie. Daardie reën het die steekgras so laat groei dat die veld goed gelyk het. Hul skape was egter nie in ’n goeie kondisie nie.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot