
Mnr. Luthando Masimini, weervoorspeller, sê die sneeu word meestal verwag oor die Drakensberg in Lesotho en die Oos-Kaap. “Daar is ook ’n kleiner kans op sneeu oor die suidelike Drakensberg in KwaZulu-Natal.”
Die sneeuval sal na verwagting laat Saterdag begin en deur die nag voorkom tot Sondag.
Masimini sê hoewel koue toestande die naweek sal voorkom waar sneeu val, word normale wintertemperature vir die naweek oor die gebiede verwag.
“Weermodelle dui nie tans sneeuval oor laaggeleë dele aan nie. Die weerdiens het nog nie enige kennisgewings uitgereik vir die moontlikheid van erge koue toestande nie.”
Masimini raai boere aan om toe te sien dat hulle vee genoegsame beskutting vir die weerstoestande het, en om korttermynvoorspellings dop te hou vir moontlike waarskuwings van erge koue toestande.