Boere kan egter deurslaggewend wees om die gaping te vul deur waardevolle plaasdata te verskaf.
Sedert 1960 tot nou was daar ’n afname van 34% in landboubedrywighede in Afrika weens klimaatsverandering. “Dit is ’n groot afname en die ergste van al die vastelande waarna gekyk is.
Boere het ’n baie belangrike rol om te vervul in die bestuur van klimaatsveranderingsrisiko’s in Afrika,” sê dr. Chris Trisos, een van die hoofskrywers van die Afrika-hoofstuk in die jongste verslag van die interregeringspaneel oor klimaatsverandering.