AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Somerreën bly langer weg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Die kans op somerreën oor die volgende twee tot drie weke is kleiner, maar boere in die somerreëngebied, wie se oë hierdie tyd van die jaar voortdurend soek vir reënwolkies, moet moed hou.

Daar is steeds gunstige reënvooruitsigte vir die mid- tot laatsomer. November en Desember kan baie nat kan wees oor die sentrale tot oostelike dele, terwyl die sentrale tot westelike dele vanaf Desember tot Maart reën gaan kry, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Daar is egter steeds ’n kans op ligte reën rondom 17 en 18 Oktober oor die Oos-Vrystaat en aangrensende dele van KZN en Mpumalanga.”

Wydverspreide reën het van 4 tot 9 Oktober oor gedeeltes van die sentrale tot oostelike dele van die somerreëngebied voorgekom. Baie swaar neerslae is in die suide van KwaZulu-Natal gemeet. By Margate is meer as 200 mm gemeet en by Port Edward 57 mm.

Ander plekke wat noemenswaardige reën gehad het, is Richardsbaai (61 mm), Frankfort (56 mm), Hartebeespoortdam (50 mm), Stutterheim (38 mm), Witbank (33 mm), Pretoria en Fort Beaufort (23 mm), Ventersdorp (20 mm), Reitz (19 mm), Warden (14 mm) en Lichtenburg (10 mm).

Ligte reën van minder as 10 mm het in gedeeltes van die Wes-Kaap, die res van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo vanaf 4 tot 6 Oktober voorgekom. Dit kan beskou word as die eerste werklike somerreën van die jaar aangesien dit oor ’n baie wye gebied voorgekom het.

“Uit ’n landbou-oogpunt was hierdie reën van groot belang, want dit kan heelwat somergraanboere in staat stel om finale saadbeddingvoorbereidings te kan doen en selfs te begin plant sodra grondtemperature bokant 15 °C is in die boonste 10 cm van die grond.”

Wat die winterreëngebied betref, het die waarskynlikheid vir verdere reën verbeter, sê Van den Berg. Veral oor die Swartland, die aangrensende Wynland en Kaapse Metropool lyk dit nou gunstiger nadat vroeëre voorspellings minder gunstig was. “Meer as 20 mm reën is moontlik oor die suidwestelike dele vanaf 15 tot 17 Oktober en verdere ligte reën van minder as 10 mm rondom 23 en 24 Oktober en in die laaste paar dae van Oktober.”

Daar kan ook reën verwag word oor die Suid-Kaap, maar ligter neerslae van minder as 10 mm vanaf 15 tot 17 Oktober. Hy waarsku die reën en vogtigheid kan probleme skep tydens die rypwording en oes van koring.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot