
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Cheneso het vandag omstreeks 02:00 teen sowat 9 km/h in ’n suidwestelike rigting begin beweeg.
Volgens data van die RSMC La Réunion is die winde rondom die storm se kern, wat teen ’n spoed van 89 km/h tot 118 km/h waai, redelike skadelik en kan baie rowwe seetoestande met deinings van 4 m tot 6 m in die omgewing van die stelsel verwag word.
Cheneso sal na verwagting môre in ’n meer suidelike rigting begin beweeg en naby Europa-eiland verbybeweeg. Daar word verder verwag dat Cheneso tydelik tot ’n tropiese sikloon kan versterk met winde van 118 km/h tot 166 km/h.
Die weerdiens het weer aangedui die stelsel sal Suid-Afrika nie regstreeks raak nie.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.