AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Stormagtige naweek, week lê voor vir groot dele van SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Planttyd 2021 op die plaas Friedenheim tussen Bethlehem en Reitz. Foto: Riaan Opperman
Planttyd 2021 op die plaas Friedenheim tussen Bethlehem en Reitz. Foto: Riaan Opperman
Twee weerstelsels kan tot volgende week stormagtige weer oor Suid-Afrika veroorsaak, met die weerdiens wat tot dan neerslae in minstens agt provinsies voorspel.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens maan dat donderstorms, met swaar neerslae en sterk winde, erge weerlig en hael wat vandag plek-plek oor die Wes- en Noord-Kaap kan voorkom, kan versterk tot Saterdag. Swaar neerslae en stormagtige weer word môre ook vir die westelike dele van KwaZulu-Natal verwag, sê mnr. Ishmael Moyo, weervoorspeller.

Volgens Moyo word storms en neerslae Sondag oor groot dele van die Wes-Kaap, die sentrale dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Gauteng en KwaZulu-Natal voorspel. Dié toestande word Maandag verwag oor dele van die Wes-Kaap, die noordelike dele van die Oos-Kaap, dele van Limpopo, die Vrystaat en dele van KwaZulu-Natal.

Moyo maan die publiek om ag te slaan op waarskuwings vir toestande wat in die komende dae skielik kan verander. 
reënvalkaart
Die voorspelde reënval vir 10 Desember 2022. Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens
reënvalkaart
Die voorspelde reënval vir 11 Desember 2022. Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Twee stelsels

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, verduidelik daar is hoofsaaklik twee verskillende weerstelsels wat twee gebiede in die land van môre tot Donderdag 15 Desember gaan raak.

Die eerste is die afsnylaagdruk wat oor die Atlantiese Oseaan begin ontwikkel en reën en storms na verskeie dele van die land gaan bring van môre tot Dinsdag. Die stelsel gaan veral die suidelike en suidwestelike binneland raak.

“Swaar reën kan veral teen Sondag oor die suidelike dele van die Weskus, asook die aangrensende binneland voorkom. Teen Maandag kan die stelsel ooswaarts beweeg en verdere swaar reën veroorsaak oor die Klein-Karoo en verder na die suidkus.

“Neerslae van 40 mm of selfs meer in ’n baie kort tydperk is plek-plek moontlik, wat die risiko vir vloede verhoog. Dit sal na verwagting gepaard gaan met baie sterk winde uit ’n oostelike tot noordelike rigting wat vogtige lug suid- en suidweswaarts gaan invoer. Dit beteken donderweer kan voorkom – en dit verhoog die waarskynlikheid van hael.”

Tweede stelsel

Van Dinsdag tot Donderdag (13 tot 15 Desember) is daar weer ’n kans op ’n volgende afsnylaagdruk oor die suidelike dele van die land. Dit kan verdere swaar reën oor veral die Klein-Karoo en die Tuinroete veroorsaak.   

Die tweede stelsel is as gevolg van ’n groter gebied van laagdruk of trog van laagdruk wat oor die sentrale dele van die land ontwikkel, en heelwat tropiese vog vanaf die noordoostelike dele van Namibië en Botswana suidooswaarts gaan laat beweeg. “Dan kan swaar reën voorkom oor die sentrale tot noordoostelike dele van Suid-Afrika.”

Vloede

“Wat die huidige situasie uiters gevaarlik maak, is dat daar sterk laagdrukstelsels oor kleiner gebiede ontwikkel. Met tropiese vog in omloop, het dit die potensiaal om baie swaar reën en vloede oor kleiner gebiede te veroorsaak. Die gebiede met die grootste risiko is die sentrale tot oostelike dele van die Wes-Kaap wat strek van die Hexriviervallei in die weste tot Mosselbaai in die ooste. Dit kan van suid na noord strek van Hermanus tot Beaufort-Wes.”

Van den Berg sê dit is tans baie moeilik om ’n geografiese gebied vas te pen omdat die stelsel baie dinamies is en vinnig kan verander. Dit kan dus ook in ander gebiede swaar neerslae veroorsaak.

“Die gebiede in die somerreëngebied met die grootste risiko is die suidelike dele van Limpopo, bykans die hele Gauteng en Mpumalanga, die Oos-Vrystaat en veral groot dele van KwaZulu-Natal.”

Die risiko vir vloede, storms en hael word van 16 Desember af kleiner met stelsels wat teen dan kon verswak of ooswaarts beweeg het.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot