AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Storms saai verwoesting in dele van die Oos-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Verskeie bome en telefoonlyne is omgewaai en stormwind het verskeie dakke van geboue afgeruk. Foto: Dylan Fetting
Verskeie bome en telefoonlyne is omgewaai en stormwind het verskeie dakke van geboue afgeruk. Foto: Dylan Fetting
Twee haelstorms het sedert einde verlede week groot skade in die Oos-Kaap veroorsaak met haelkorrels groter as golfballe.

Twee haelstorms het sedert einde verlede week groot skade in die Oos-Kaap veroorsaak met haelkorrels groter as golfballe. Die eerste storm het volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens op 9 Desember die Baziya-gebied, ongeveer 20 km wes van Mthatha, getref. Altesaam ses mense het weens die storm gesterf en veeverliese weens die hael is aangeteken.

Nog ’n donderstorm het op 13 Desember verwoesting gesaai in die distrikte Adelaide, Fort Beaufort en Alice. Groot skade is aangerig met haelkorrels groter as golfballe wat vensters stukkend geslaan het. Verskeie bome en telefoonlyne is omgewaai en stormwind het verskeie dakke van geboue afgeruk.

Volgens die hulporganisasie Gift of the Givers het sy Oos-Kaapse span dringende oproepe van lede van die distriksmunisipaliteit Amathole en die plaaslike munisipaliteit Raymond Mahlaba ontvang vir bystand nadat die storms in dié gebiede twee hospitale, 14 klinieke en meer as 1 000 huise beskadig het.

Haelstorm Oos-Kaap
Hael so groot soos golfballe – sommiges selfs so groot soos tennisballe – het geval en die wind het erg gewaai. Foto: Riekie le Roux

Landbouskool beskadig

Die plaaslike Hoër Landbouskool Winterberg se koshuisdak is onder meer tydens die storm afgewaai. Me. Amanda Chowles, die skool se sekretaresse, woon in ’n woonstel langs die koshuis op die skoolterrein. “Ek is Maandag om 14:00 by die skoolkantoor weg en het die swaar wolke sien saampak. Ek het my kar onder die afdak by my woonstel parkeer en is by die huis in. Dit was nie twee minute nie toe bars alle hel los,” sê Chowles.

Hael so groot soos golfballe – sommiges selfs so groot soos tennisballe – het geval en die wind het erg gewaai. Op die plaasgedeelte van die skoolperseel is tien klein personeelhuise, asook agt groter huise nader aan die skool. In al 18 huise en 17 van die 19 klaskamers is vensters uitgeslaan.

“En natuurlik het die hele koshuis se dak afgewaai. Die baksteenmuur rondom die swembad het ook omgeval. Ons was Dinsdag (14 Desember) heeldag besig om glas op te tel. Vandag is die assessors en mense van die departement van onderwys by die skool om die skade te bepaal. Die koshuis het veral baie skade en ons moet probeer om van al die water ontslae te raak,” sê Chowles.

Die skool het sowat 263 leerders waarvan 38 in die koshuis woon. Gelukkig was almal reeds by hul ouerhuise tydens die storm.

Haelstorm Oos-Kaap
Die plaaslike Hoër Landbouskool Winterberg se koshuisdak is onder meer tydens die storm afgewaai. Foto: Amanda Chowles
Haelstorm Oos-Kaap
Die baksteenmuur rondom die skool se swembad het ook omgeval. Foto: Amanda Chowles
Haelstorm Oos-Kaap
Op die plaasgedeelte van die skoolperseel is tien klein personeelhuise, asook agt groter huise nader aan die skool. In al 18 huise en 17 van die 19 klaskamers is vensters uitgeslaan. Foto: Amanda Chowles

Skade aan sitrus

Volgens ’n boer van Fort Beaufort, mnr. Dylan Fetting, het die massiewe storm se hael en rukwinde baie skade veroorsaak aan die sitrusboorde in die gebied. Bome is beskadig, nette het weens die hael ingesak en sommige boere se skure se dakke is afgewaai.

Hy sê hulle is egter baie dankbaar vir die sowat 50 mm reën wat saam met die storm geval het.

Volgens me. Isabel Sparks, tegniese bestuurder by die Katrivier-sitruskoöperasie, toon haar voorlopige opname dat daar 70% skade aangeteken is op ongeveer 250 ha van die koöperasie se produksiegebied van ongeveer 1 350 ha suid van Fort Beaufort. Min plase noord van die dorp het skade gely.

Sy voeg by dat die omvang van die skade eers in Januarie duidelik sal wees aangesien die vrugte nog klein is.

Die skade is hoofsaaklik by drie produsente aangeteken. Die boere is boonop ongeveer ’n jaar gelede deur ’n storm getref, en het ook rypskade gedurende die winter gehad.

Sy sê dit lyk asof van die ander groot sitrusboerderye geen of kleiner skade in hul boorde gehad het. Volgens Sparks was daar vanjaar ’n baie belowende oes aan die bome.

“Ons het goeie toestande gehad, die weerstoestande was gunstig en die vreeslike winde het nie vanjaar gewaai nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
20.01
+0.7%
Rand - Euro
17.69
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,663.99
+0.2%
Silwer
19.21
+0.9%
Palladium
2,164.75
-0.1%
Platinum
866.26
+0.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot