AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Stormsterk noordwestewinde bring brandgevaar

akkreditasie
Op die GBBV se 2021-opleidingsdag in naby Odendaalsrus is verskeie soorte toerusting op branddemonstrasies ingespan. Brandblasers begin nou toenemend gewild raak en sommige brandverenigings skaf ook hul eie brandweerwaens aan. Foto: Vida Booysen
Op die GBBV se 2021-opleidingsdag in naby Odendaalsrus is verskeie soorte toerusting op branddemonstrasies ingespan. Brandblasers begin nou toenemend gewild raak en sommige brandverenigings skaf ook hul eie brandweerwaens aan. Foto: Vida Booysen
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het sy stormwaarskuwing vir die Wes-Kaap vandag verhoog tot oranje vlak 8, met erge wind wat vanaand en môre verwag word.

Luidens ’n verklaring deur mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, word sterk noordwestewinde verwag, met rukwinde van 100-140km/h wat moontlik is oor die binneland van die Wes-Kaap, asook langs die kus tussen Alexanderbaai en Saldanhabaai.

Hoewel die erge wind volgens voorspellings nie die Kaapstadse metropool gaan raak nie, het die weerkantoor wel ’n oranje vlak 6-waarskuwing vir reënval oor die gebied uitgereik. Dié toestande kan na verwagting tot Donderdagaand voortduur.

Volgens Bredell kan die toestande tot wydverspreide skade in formele en  informele woongebiede lei, terwyl verkeerstoestande moeilik kan wees, veral vir hoë vragmotors. Kleiner kusgebiede se hawens kan moeilike en gevaarlike toestande beleef en word gemaan om voorbereidings te tref.

“Ons maan die publiek om voorbereidings te tref en om tydens ’n krisis uit te reik na rampbestuursdienste wat op ’n gereedheidsgrondslag sal bly. Die vorige keer dat ons windwaarskuwings op ’n oranje vlak gehad het, was in 2017 met die wegholbrande by Knysna.”

Intussen het die weerdiens ook ’n waarskuwing vir hoë brandgevaar in die Taung-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap en in die Maluti-a-Phofung- en Mpumelela-distriksmunsipaliteit in die Vrystaat uitgereik.

Mnr. Johann Breytenbach, hoofbestuurder van die Vrystaatse sambreelorganisasie van brandverenigings, vra boere en lede van die publiek om uiters versigtig te wees vir wegholveldbrande en om nie vuur te maak in die buitelug waar wegholveldbrande deur sterk winde aangeblaas kan word nie.

Twee groot brande het Maandag en Dinsdag in die distrikte Dealesville en Boshof voorgekom, wat deur stormsterk winde van tot 52 km/h aangedryf is. Luidens ’n verklaring deur die organisasie is 85 brande in die eerste twee dae van dié week in die Vrystaat aangemeld. “Nog koue fronte word in die komende dae voorspel, en ons vra mense om uiters versigtig te wees in winderige toestande.”

Die brandseisoen in die sentrale dele van Suid-Afrika duur tot die eerste behoorlike lentereën van 25 mm of meer geval het. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,765.46
-0.1%
Silwer
23.22
-0.5%
Palladium
2,024.00
-2.6%
Platinum
1,039.00
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot