Mnr. Johan van den Berg, ’n onafhanklike landbouweerkundige, sê in dié periode het Durban sowat 404 mm gemeet, Margate sowat 570 mm en Port Edward 495 mm.
Die gemiddelde jaarlikse reënval vir April op Port Edward wissel van 70 mm tot 80 mm, en die jaarlikse gemiddelde reënval daar is sowat 900 mm.
Van den Berg sê oor die jare het verskeie oorstromings al in KwaZulu-Natal voorgekom tydens sterk La Niña-seisoene. Een só ’n voorbeeld is die ernstige oorstromings op 14 en 15 April 1989 in Durban en meer suidwaarts na Margate, toe van 150 mm tot 200 mm binne ’n kort tyd geval het.