
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gister ’n geel vlak 2-waarskuwing vir swaar donderstorms in die Oos-Kaap se sentrale en noordelike binneland uitgereik. Volgens die weerdiens kan die storms tot vloede lei.
Elders in die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel tot warm wees met wydverspreide buie en donderbuie oor die grootste gedeelte van die provinsie.
In Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal en die Vrystaat sal dit vandag gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele buie en donderbuie wat vanmiddag verwag word.
Die weerdiens voorspel bewolkte en warm tot baie warm weer vir Noordwes met verspreide donderstorms.
Dit sal gedeeltelik bewolk en warm in die Noord-Kaap wees met enkele buie en donderbuie in die sentrale en oostelike gedeeltes.
Die Wes-Kaap sal bewolk en koel tot warm wees met enkele buie en donderbuie.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.