AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Swaar reën, koue weer vir Oos-Kaap, KZN en Mpumalanga voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
’n Koue front met aanhoudende reën word in die komende dae vir die oostelike gedeelte van Suid-Afrika voorspel as gevolg van die ontwikkeling van ’n bolug-trogstelsel, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Luidens ’n verklaring deur die weerdiens kan swaar reën en vloede vandag veral in die Oos-Kaap voorkom. Daar word gewaarsku dat KwaZulu-Natal en Mpumalanga ook aanhoudende reën kan ervaar.

’n Goed ontwikkelde bolug-trogstelsel, wat met koue en onstabiliteit gepaard gaan, versterk tans oor die suidwestelike gedeeltes van Suider-Afrika. Die weerdiens glo dat hierdie stelsel in die komende dae verder sal versterk en ’n afsny-laagdrukstelsel oor die suidelike en sentrale binneland sal vorm.

Terwyl die grootste deel van Suider-Afrika tans redelik droog is, word verwag dat hierdie stelsel van vandag tot die middel van die week welkome reën vir die oostelike provinsies sal bring. Hierdie stelsel sal na verwagting toenemend ooswaarts beweeg.

Bewolkte, koue en winderige weer sal volgens die weerdiens oor die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga tot Woensdag voortduur. Reënval sal plek-plek voorkom, maar ligter as die reën wat vandag oor die Oos-Kaap verwag word. Die weerdiens maan inwoners van KwaZulu-Natal en Mpumalanga om hulself op drie dae van reën, swaar reën op sommige plekke, voor te berei.

Die weerdiens waarsku dat die aanhoudende reën tot gelokaliseerde vloede kan lei namate die grond versadig word en riviere en strome volloop.

Ligte sneeu kan oor van die hoër pieke in die Wes-Kaap en die oostelike gedeeltes van die hoër pieke in die Oos-Kaap verwag word. Namate die bolug-trogstelsel versterk, kan meer noemenswaardige sneeuval oor die oostelike gedeeltes van die Drakensberge en die hoër pieke in die Oos-Kaap, veral Barkly-Oos en Tiffendell, voorkom.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.2%
Rand - Pond
22.33
+0.4%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.11
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Platinum
966.81
+0.7%
Palladium
1,432.30
+1.1%
Goud
1,964.91
-0.5%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot