AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9897,6
28,60
CORN
07 Feb
-
4650,6
39,60
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10166
26,00
WEAT
07 Feb
-
6801,4
34,40
WMAZ
07 Feb
-
4319
8,00
YMAZ
07 Feb
-
4451
8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Swaar reën, sneeu volgende week oor dele verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jan Scheepers
Foto: Jan Scheepers
Die winter is hier, en neerslae van tot 50 mm kan volgende week oor dele van die winterreënstreek uitsak. Sneeu is ook moontlik.

Weervoorspellings dui tans aan dat die kans op swaar reën van tot 50 mm goed is van 13 tot 16 Junie oor die Swartland, die Kaapse metropool en die Wynland-distrik, met minder reën in die Suid-Kaap. Die swaarder neerslae is veral moontlik op Malmesbury, Ceres, die Paarl, Stellenbosch, Kaapstad en die Strand.

“Van 10 mm tot 30 mm is moontlik in die omgewing van Caledon, Bredasdorp en Swellendam,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Dit is egter nie uitgesluit dat hierdie reënvaltoestande ook kan uitbrei tot so ver as die Oos-Kaap nie, hoewel die weermodelle tans swaar neerslae meer oor die Suidwes-Kaap voorspel.”

Verdere reën is moontlik in die laaste tien dae van Junie oor die bogenoemde gebiede, veral vanaf 19 tot 21 Junie.

Van den Berg sê die moontlikheid bestaan dat die verwagte swaar neerslae plek-plek oorstromings kan veroorsaak. “Gegewe die neiging dat reënval in die mid-wintermaande besig is om ’n patroon van toename te volg, asook met die huidige La Niña-verskynsel wat in soortgelyke jare in die verlede plek-plek baie reën en stormagtige toestande veroorsaak het, is daar rede tot kommer dat daar ook baie swaar reën kan voorkom in die volgende weke en selfs maande oor gedeeltes van die winterreëngebied en selfs verder langs die Ooskus op.”

Reën oor die somerreënstreek

Van 14 tot 18 Junie is reën moontlik oor veral die Oos-Kaap, die suidelike en suidoostelike dele van die Vrystaat, die suidelike dele van die Noord-Kaap en die aangrensende dele van KwaZulu-Natal en Lesotho. “Meer as 20 mm is moontlik in veral die noordelike dele van die Oos-Kaap op plekke soos Barkly-Oos, Cradock, Queenstown en selfs Jansenville en Steytlerville verder suid. Dit is ook moontlik dat die sentrale en suidelike dele van die Vrystaat, soos Bloemfontein, Smithfield, Zastron en Fauresmith, reën kan kry,” sê Van den Berg.

Baie min of geen reën word vir ten minste die volgende twee tot drie weke verwag oor die noordelike en noordwestelike dele van die somerreëngebied, wat Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die westelike dele van KwaZulu-Natal insluit. Dieselfde word voorspel vir die noordelike dele van die Noord-Kaap en die Vrystaat. “Ligte neerslae is moontlik oor die kusgebiede van KwaZulu-Natal van 14 tot 23 Junie.”

Sneeu, koue en ryp

Van den Berg sê saam met die verwagte reënval oor die sentrale tot suidoostelike dele volgende week, is daar rondom 14 tot 18 Junie ’n baie groot kans op sneeu. Veral oor Lesotho, die suidelike dele van die Drakensberge, die sentrale tot noordelike van die Oos-Kaap en die aangrensende dele van die Vrystaat kan sneeu of ysreën voorkom. Daar kan ook sneeu voorkom oor die berge van die Suidwes-Kaap op plekke soos Ceres en omliggende gebiede.

Hoewel Suid-Afrika tot Sondag (12 Junie) gematigde dagtemperature van rondom 20°C – en selfs tot bokant 25 °C in die Wes-Kaap, die westelike dele van die Noord-Kaap en oor Limpopo – kan verwag, gaan temperature skerp daal wanneer die koue front die land teen 13 Junie tref.

Minimum temperature kan van 14 Junie af oor die suidelike dele van Suid-Afrika daal tot ver onder vriespunt, met temperature van laer as -4 °C wat voorspel word vir plekke soos Barkly-Oos, Bloemfontein, Middelburg in die Oos-Kaap en Fauresmith.

“Op langer termyn lyk dit asof Julie en Augustus ook baie koud gaan wees,” sê Van den Berg. “Met langtermynneigings van die laaste rypdatums wat al later voorkom, is die kans weer baie goed dat ryp tot in September en selfs Oktober kan voorkom.”

Van den Berg waarsku dat veeboere, en veral kleinveeboere, voorbereidings moet tref dat hul vee voldoende beskutting het met die baie koue toestande wat in die laaste deel van Junie verwag word. “Baie koue toestande met reën, sneeu en sterk winde kan uiters gevaarlike toestande vir kleinveeboere skep in die Wes-Kaap, oor groot dele van die Oos-Kaap, die suidelike dele van KwaZulu-Natal (veral gebiede aangrensend aan die Drakensberge), die suidelike dele van die Noord-Kaap en die suidelike en suidoostelike dele van die Vrystaat.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.0%
Rand - Pond
21.23
-0.0%
Rand - Euro
18.96
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.88
+0.0%
Palladium
1,597.20
-0.1%
Goud
1,874.86
+0.4%
Silwer
22.42
+0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,398
-0.1%
Alle aandele
79,528
-0.1%
Hulpbronne 10
73,766
-0.4%
Industriële 25
103,244
+0.1%
Finansiële 15
16,325
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot