En in Elgin in die Wes-Kaap, waar talle appelprodusente gesetel is, kan die kwik só styg dat appelproduksie moeilik gaan raak.
Volgens dr. Peter Johnston, klimaatwetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad, kan ’n verdere sewe tot elf baie warm dae (warmer as 32 °C) in Januarie teen 2050 in Bothaville verwag word. Tans ervaar dié gebied sowat elf dae wat as baie warm beskou word.
“In die toekoms gaan daar dus 18 tot 20 dae – meer as die helfte van die maand – wees wanneer dit te warm vir mielieproduksie is. Dit is ’n probleem vir die landbou,” het Johnston oor klimaatsverandering gesê op die konvensie van die Wes-Kaapse departement van landbou vir die jeug in die landbou en jong navorsers op Stellenbosch.